In die 1970’s was meer vroue bewus van die kwessies oor diskriminasie teen vroue. Daar was gereelde protesoptogte en ’n groot verskeidenheid organisasies wat probeer het om werksomstandighede te verbeter, om gelyke geleenthede te skep en om kwessies soos seksisme, vryheid om kinders te hê, verkragting en huishoudelike geweld te hanteer. Deur dié bewusmaking kon vroue gemeenskaplike strydpunte identifiseer en ondersteuning ontvang terwyl feminisme tot ’n massabeweging ontwikkel het. Van hierdie vorm van betrokkenheid het die slagspreuk “die persoonlike is polities” die doelwitte van die tweede golf van feminisme korrek opgesom. Wat eens privaat kwessies was, was nou in die publieke arena bekend.
Tekens van revolusionêre verandering in die Westerse samelewing was duidelik sigbaar in die 1960’s. Die lang hare, kort rompe, flower power, verwysings na liefde en vrede en die ontluiking van gewilde musikante was nie net modestellings nie. Die houding wat dit verteenwoordig het, was ’n reaksie op die konserwatiewe houding van die vorige generasie. Politieke en sosiale strukture wat voorheen beskou is as die middelpunt van die Westerse samelewing is bevraagteken deur bewegings van vredesaktivisme, burgerregte, sosiale gelykheid asook vroueregte en gay- bevryding. Die 1960’s en 1970’s word gedefinieer deur sosiale onrus en politieke onrus.
ANDERS AS WIT FEMINISTE, HET SWART VROUE ’N TWEELEDIGE STRYD TEEN RASSISME EN SEKSISME GEVOER. SWART FEMIINISME HET ONTWIKKEL UIT DIE TWEEDE GOLF VAN FEMINISME SE MISLUKKING OM HIERDIE UNIEKE STRYD AAN TE SPREEK.
Konseptualisme het uit hierdie agtergrond ontstaan. Kuns is as ’n manier beskou om sosio-ekonomiese kwessies uit te daag asook om die fundamentele struktuur van die kunswêreld te revolusioneer. Stilistiese bekommernisse van vorige generasies is bevraagteken en die raamwerk waarin kuns geskep is, uitgestal en besigtig is, het radikaal verander.
SENATOR NELSON, ’N OMGEWINGSAKTIVIS, HET ’N LEIDENDE ROL GESPEEL IN DIE ORGANISERING VAN DIE FEES, WAT VIR DIE EERSTE KEER OP 22 APRIL 1970 GEHOU IS. HY HET GEHOOP OM GEWILDE POLITIEKE ONDERSTEUNING VIR ’N OMGEWINGSAGENDA TE VERWERF. HY HET DIT GEMODELLEER OP DIE HOOGS EFFEKTIEWE VIËTNAM-OORLOG SE LERINGE VAN DAARDIE TYD. HOEWEL HIERDIE AARDEDAG OP 22 APRIL OP DIE VERENIGDE STATE GEFOKUS WAS, HET ’N ORGANISASIE WAT DEUR DENNIS HAYES GELEI IS, WAT DIE OORSPRONKLIKE NASIONALE KOÖRDINEERDER IN 1970 WAS, DIT IN 1990 NA ’N INTERNASIONALE VLAK GENEEM EN GEBEURTENISSE IN 141 NASIES GEORGANISEER. AARDEDAG WORD NOU WÊRELDWYD GEKOÖRDINEER DEUR DIE AARDEDAGNETWERK EN WORD IN MEER AS 175 LANDE JAARLIKS GEVIER.