gemodifiseer word tot ’n nuwe soort instrument wat klanke vervaardig wat elektronies is en heeltemal vreemd is vir die gewone musiekondersteuner.
Die gebruik van twee lewendige beeldsendings in die videowerke verskaf die aspek van tyd wat ondervind kan word as ’n lus (loop) en daarom draai die tegnologiese aspek op homself. Op die ander TV-monitor het die kykers geslotebaan-beeldmateriaal gesien, die gebeurtenis wat voor hulle afspeel word op kamera opgeneem en onmiddellik na die TV toe uitgesaai. Op die ander TV-monitor verwys die uitbeelding van uitsaaitelevisie na die infiltrasie van kuns deur massamedia en vertoon dit beelde wat iewers anders op dieselfde tyd plaasvind. In die videocollage is die verwysing na die tradisionele speel van tjellos. Dit was nie lewendig soos die ander twee uitsendings nie.
7.4
Voltooi in jou BKS-werkboek.
ANDER KONTEMPORÊRE KUNSTENAARS WAT TEKS IN HULLE KUNSWERKE GEBRUIK
JENNY HOLZER, PRIVATE PROPERTY CREATED CRIME. 1985, ELEKTRONIES-BEHEERDE TEKEN OP GEBOU BY TIMES SQUARE, NEW YORK
JENNY HOLZER, ABUSE OF POWER COMES AS NO SURPRISE, 1984. FOTO VAN LADYPINK WAT DIE T-HEMP DRA. SYSKERM OP T-HEMP
Jenny Holzer gebruik die strategieë van massamedia en reklame in haar werk. Haar vroeë werke bestaan uit ’n reeks van ongeveer 300 gesegdes of slagspreuke wat deur haar geskep is, wat gebaseer is op algemeen aanvaarde waarhede en clichés. Sy het dit op T-hemde, plak- kers en plakkate gedruk. Hierdeur het sy gereeld algemeen aanvaarde opinies teengestaan en uitgedaag. Sedert 1982 het sy begin om elektroniese uitbeeldings te gebruik om ’n selfs groter gehoor te bereik. Haar bedoeling is om algemene opvattings teen te staan wat die massamedia daagliks aan mense voer. Haar werke speek dikwels kwessies aan soos geweld, onderdrukking, seksualiteit, feminisme, mag, oorlog en dood.