of Omgewingskuns is kunswerke wat in die natuur geskep word deur aktief natuurlike materiale te gebruik en somtyds ook vervaardigde materiale in te sluit.
• Landkuns is ’n term wat oorwegend in die 60’s en 70’s gebruik is en verwys na grootskaalse kunswerke wat buitemuurs op land gemaak word, maar wat nie noodwendig ekologies gefokus is nie. Landkunsvorms is gewoonlik grootskaalse omgewingsbeeldhouwerke wat die natuurlike omgewing as ’n ligging en as materiaal vir skepping gebruik. Die landskap word in baie van hierdie werke gemanipuleer.
• Sommige Aard- en Landkunsvorms fokus op die interaksie van die omgewing en menslike aktiwiteit.
• Die verhouding tussen die kunstenaar en die omgewing is ook ’n onderwerp wat gereeld ondersoek word.
• Omgewingsbewaringskuns of Eko-kuns is ’n breë term wat ekologies reagerende kunswerke omvat.
• Aardkunswerke is geskep in teenkanting met die kommodifikasie van kuns en as ’n opstand teen tradisionele skilder- en beeldhoukuns. Hierdie standpunt toon die invloed van Konseptuele Kuns.
• Aardkunswerke is gewoonlik in oop ruimtes geleë, maar dit word meeste van die tyd gemaak as ’n interaksie met daardie spesifieke ruimte en daarom word die term liggingspesifieke kuns gebruik om dit te beskryf. Hierdie aspek toon die invloed van Minimalisme, aangesien hulle ook die idee van interaksie tussen die kunswerk en hulle omliggende ruimte beklemtoon het.
• Baie Aardkunswerke is verbygaande en daarom word dit fotografies gedokumenteer om die skepping, finale produk en proses van ontbinding uit te beeld.
CHRISTO AND JEANNE-CLAUDE. SURROUNDED ISLANDS. BISCAYNE BAY, GREATER MIAMI, FLORIDA, FOTO 1980-83,
DIE EERSTE BEELD IS ’N BEPLANNINGSTEKENING VAN DIE PROJEK. DEUR 6.5 MILJOEN VIERKANTE VOET DRYWENDE PIENK MATERIAAL TE GEBRUIK, HET CHRISTO EN JEANNE-CLAUDDE 11 EILANDE IN MIAMI SE BISCANE BAY OMSIRKEL, WAT DIE OMVANG VAN ELKE EILAND MET 200 VOET VERLENG HET. ’N UITGEBREIDE ONDERNEMING WAT ’N LEGIO KONTRAKTEURS, INGENIEURS, PROKUREURS EN KLEREMAKERS EN OMRINGENDE EILANDE INGESLUIT HET, HET OOK BREEDVOERIGE BESPREKINGS MET MARIENE BIOLOË EN ORNITOLOË (VOËLKUNDIGES) INGESLUIT. UITEINDELIK HET DIE PROJEK BYGEDRA TOT DIE OMGEWING: CHRISTO EN JEANNE-CLAUDE SE BEMANNING HET 40 TON ROMMEL VAN HIERDIE ONBEWOONDE EILANDE AF VERWYDER. DIE POLIPROPOLEENMATERIAAL WAT BEELDE VAN HIBISKUSBLOMME EN FLAMINKE OPROEP, IS GESTIK OM MET DIE KONTOERE VAN ELKE EILAND OOREEN TE STEM. TOE DIE MATERIAAL OP 4 MEI 1983 UITGEROL IS, HET DIE EILAND SELF BEGIN ‘BLOM’. DIE KUNSTENAARS EN HULLE BEMANNING VAN 430 MENSE HET DIE LAASTE EILAND DRIE DAE LATER ‘OMRING’. DIE WERK, WAT VIR TWEE WEKE BESIGTIG KON WORD, WAS SIGBAAR VIR DIE PUBLIEK TYDENS LAAGWATER, VANAF DIE LAND, DIE WATER EN UIT DIE LUG.