• Opkuns is ’n retinale kuns wat optiese dubbelsinnigheid en fisieke disoriëntasie deur die verteenwoordiging van herhalende vorms en kleure skep en die beperkings van die menslike oog ondersoek.
• Kinetiese Kuns verken hoe voorwerpe lyk as hulle beweeg. Dit kan die vloei van die dele van ’n kunswerk wees wat in beweging omgesit word deur ’n interne meganisme of ’n eksterne stimulus, soos lig of lug of die kyker. Die effek is dié van ’n optiese transformasie van die elemente waaruit die werk bestaan. Oor tyd het kinetiese kuns ontwikkel as ’n reaksie in antwoord op ’n toenemend tegnologiese kultuur.
JEAN TINGUELY. METAMACHINE 4. 1958 – 1959. GEMENGDE MEDIA BEELD- HOUWERK. KINETIESE KUNS
YAACOV AGAM. INFINITE REACH. 1985. SIFDRUK IN KLEUR OP WEERKAATSENDE MYLAR. OP-KUNS.
• Onderwerp: Opkuns is al beskryf as die opwekker van visuele reaksies. Meeste van die kunswerke wat met hierdie styl geasossieer word, lok denkbeeldige beelde en sensasies uit en dit lei tot die slotsom dat die onderwerpe in hierdie werke illusies is. In Kinetiese Kuns lei die invloede van die tegnologie kunstenaars na die idee van tyd en om die visuele effekte op beweging as onderwerpe te verken.
• Komposisie: Meeste van die bekende Opkunswerke het formeel gestruktureerde komposisies op reghoekige, twee dimensionele oppervlakke wat presies beplan was om die visuele effek van beweging te ontlok wat die kunstenaar wou bereik.
VICTOR VASARELY. CHEYT-M. 1970. TEMPERA ON CANVAS. OP ART.
• Kinetiese werke is gewoonlik drie dimensioneel en daarom kan kykers rondom die werke loop. Die Kinetiese kunstenaars het nie ‘n spesifieke styl waaraan hulle voldoen nie; dit het eerder van die bedoeling van die kunstenaar afgehang. Meeste van die werke bestaan uit verskillende dele wat verband hou met ander dele van die beeldhouwerk.