Simbool: Karakter / beeld / figure wat ’n idee, konsep of emosie verteenwoordig. Kommunikasie strek verby die oorspronklike en letterlike vorm, bv. die hart wat ’n simbool van liefde is.
Simetriese balans: Elemente wat gelyk geposisioneer is vanaf ’n sentrale punt of as; 2D- of 3D-vorm word aan beide kante van ’n sentrale as uitgebeeld.
Simmetrie: graad waarteen vorms of elemente gerangskik is aan albei kante van ’n sentrale as in ’n spieëlbeeld.
Sinkopaat: Om beklemtoonde en onbeklemtoonde lyne, patrone of kleure in ’n komposisie te verdeel. Sintuiglik: Beskryf dinge wat verwant is aan die 5 fisieke sintuie: sig, smaak, gehoor, reuk en gevoel. Sintuiglike bewussyn: Hoë vlak van bewussyn deur al jou sintuie te gebruik.
Skaal: Eenvormige en proporsionele vermindering of vergroting van die grootte en dimensie van ’n vorm of spasie; gewoonlik beeld dit nie die ware dimensies van die werklike wêreld uit nie; die ware grootte van bv. ’n voorwerp in verhouding tot sy omstandighede.
Skakering: Verwys na ’n kleur of die skaduwee van die kleur; dui op die ware naam van die kleur. Skedule: ’n Tydraamwerk waarin ’n sekere hoeveelheid werk en opdragte voltooi moet word. Skenkers: individue, besighede of instellings wat kunswerke aan museums skenk.
Sosiale kwessies: Kwessies soos MiV / Vigs, misdaad, ens. het ’n invloed op die dag-tot-dag sosiale struktuur van gemeenskappe.
Ruimte: Drie-dimensionele area; verwys na afstand, area en volume van die ruimte; totale area wat geaffekteer word deur ’n ontwerp; ruimte of voorwerp wat gedefi nieer word deur die ruimte rondom, agter, voor, onder en binne die voorwerp.
Spontaan: Om te doen sonder om te dink of om te beplan; spontane lyn stel ’n vars kwaliteit van energie en vryvloei voor; dit gebeur natuurlik en is nie beplan nie.
Standaardisasie: standaardgroottes van vensters, deure, ens. om bouwerk makliker, goedkoper en ooreenstemmend te maak.
Staties: Kan nie beweeg nie of beweeg nie.
Statiese vorm: ’n Vorm wat glad nie kan beweeg nie; besit nie die kwaliteit om ’n illusie van beweging voor te stel of te skep nie.
Stereotipe: ’n Vooropgestelde indruk van iets of iemand. Dit is onveranderbaar, reëlmatig en eento- nig.
Styl: Verwys na die ‘hoe?- vraag oor kunswerke. “Hoe het die kunstenaar die onderwerp uitgebeeld?” of “Hoe het die kunstenaar sy / haar persoonlike stempel op die stuk geplaas?”