Komposisie speel ’n baie belangrike rol in twee- dimensionele kunswerke. Dit het te doen met hoe ons die elemente van kuns rangskik om ’n spesifieke uitgangspunt te skep. Soos ons met die Impressioniste se werke gesien het, het die kamera ’n rol gespeel in die skep van ’n “foto”-beeld van die lewe waarin mense en voorwerpe buite die raam uitgebrei word.
Neem waar hoe Degas die kyker in sy werk intrek deur die middel-area aan die onderkant leeg te laat. Hy plaas sy figure aan die regterkant, met een figuur wat in die helfte kleiner gemaak word deur die raam. Die kyker is bewus daarvan dat die toneel van die raam af aanbeweeg en dat die skildery ’n “bevrore” oomblik in tyd verteenwoordig, soos in die geval van ’n foto.
EDGAR DEGAS, DANCERS IN BUTTERFLY COSTUMES, 1880. OLIE OP DOEK
Tema: MY WÊRELD DEUR ’n BEELDSOEKER
Een van die ‘instrumente’ wat kunstenaars gebruik om interessante komposisies te maak, is deur ’n eenvoudige karton-beeldsoeker te skep. Neem ’n stywe stuk karton en sny ’n reghoek van ongeveer 5 x 8 cm uit. Sit die beeldsoeker voor jou oog en kyk daardeur. Zoem nou in deur dit weg van jou oog af te beweeg. Moenie aandag gee aan dit wat buite die raam is nie.
Laat die Impressioniste en die Post-Impressioniste jou inspireer, en besluit op watter fisieke deel van jou spesifieke omgewing jy wil fokus. Dit kan jou kamer wees, die kunsklas, jou gesin by die etenstafel of jou vriende en vriendinne tydens pouse by die skool.