• Installasiekuns bestaan gewoonlik uit ’n rangskikking van drie dimensionele voorwerpe binne ’n ruimte.
• Die ondervinding van ’n installasiekunswerk sluit die persepsie van die uitstalruimte of omgewing in as deel van die bedoeling van die kunstenaar. Installasies word geskep vir ’n spesifieke plek en die voorwerpe het ’n direkte fisieke verhouding met die omgewing.
• • Tydelikheid is ’n belangrike deel van sommige installasiekunswerke. Die kyker se ondervinding om in ’n ruimte in te loop en om rond te kyk, is gekoppel aan die verloop van tyd en sommige installasiewerke gebruik hierdie aspekte as deel van die konsep agter die werk.
• Installasie as kuns bied die kyker aspekte soos tekstuur, lig en ruimte as elemente van ondervinding aan wat ’n sensoriese onmiddellikheid met die klem op fisieke deelname het, terwyl tradisionele kuns hierdie aspekte visueel voorstel.
• Die onderwerp van installasiekunswerke word beïnvloed deur en is verwant aan Konseptuele Kuns. Die idee of konsep agter die werk is belangrik. Kunstenaars verwys na ’n wye reeks onderwerpe, en spreek estetika aan wat verwant is aan konseptuele of teoretiese kwessies en sosiopolitieke, omgewings-, spirituele, persoonlike en tegnologiese kwessies wat in die moderne lewe ondervind word.
• Die media wat deur kunstenaars gebruik word, is onbeperk. Dit wissel van die statiese tot die dinamiese. Dit kan organies, grafies, tipografies, plasties, sonies, kineties, fotografies, filmies, videomaties, telematies, kiberneties en virtueel wees. Lyfkuns, Uitvoerende Kuns, Videokuns, Landkuns en Digitale Kuns is verwant aan Installasiekuns.
• Die mees algemene aspek van Installasiekuns is die gebruik van drie dimensionele ruimte. Die kunstenaar herdefinieer gewoonlik ’n spesifieke ruimte. Die uitstalruimte is onderwerp aan die vereistes van die installasie, wat deur die kunstenaar beheer word. In vergelyking met ’n tradisionele beeldhouwerk wat
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
DENNIS OPPENHEIM. VIOLATIONS. 1971-2. INSTALLASIE MET WIELDOPPE EN TV-MONITOR. HIERDIE IN- STALLASIE BIED BEWYS VAN 153 OORTREDINGS VAN ARTIKEL 484 VAN DIE STRAFBARE KODE IN KALIFORNIË (GERINGE DIEF- STAL). BLINK WIELDOPPE VAN ALLE SOORTE MOTORS LÊ OP DIE VLOER TERWYL ’N MONITOR BO HULLE WYS HOE HANDE HULLE BEHENDIG VAN WIELE AF VERWYDER.
TRACEY EMIN. MY BED. 1998. MATRAS, LINNE, KOPKUSSINGS, VOORWERPE DEUR HAAR BED AS KUNS VOOR TE STEL DEEL SY HAAR MEES PERSOONLIKE SPASIE MET DIE KYKERS. DEUR HIERDIE INSTAL- LASIE ONTHUL EN ERKEN SY HAAR IMPERFEKSIE EN ONSE- KERHEID, SOOS DIE VOORWERPE RONDOM DIE BED GESTROOI IS. DIE TOESTAND VAN DIE BED VERTEL DIE VERHAAL VAN ’N SENUWEE-INEENSTORTING.