299 Tema: IDENTITEIT 7.1 - Jou onderwyser sal jou lei.. Begin met jou BRONBOEK
• Maak ’n uitgebreide breinkaart oor identiteit. Verken idees wat na jouself en die groepe waarvan jy deel is, verwys, soos ’n familie, ’n skool of ’n subgroep, soos ’n skaatsplankryer. Verken ook idees wat verwys na jou geslag, erfenis, taal, kultuur of nasionaliteit.
• Verminder jou idees om een te kry wat verfrissend en innoverend is. Bly weg van clichés en stereotipiese idees. Skryf jou eie idee neer en maak tekeninge van hoe jy hierdie idee kan uitdruk.
DIE VOLGENDE IS IDEES OOR HOE OM HIERDIE KUNSWERK TE KONSEPTUALISEER EN TE MAAK. JY KAN HIERDIE OPSIES KOMBINEER OF NET EEN ONDERSOEK. JOU ONDERWYSER SAL HIERDIE PROSES LEI EN KAN VIR JOU ADDISIONELE INSTRUKSIES GEE.
• Aangesien jy nou net die hoofstuk bestudeer het oor hoe kunstenaars hulle idees uitgebrei het deur verskillende vorms en nuwe media te gebruik, oorweeg enige van die volgende:
• Skryf jou voorstel neer en kombineer dit met jou werkstekeninge. Onthou dat jy hierdie werk moet uitvoer. Wees realisties oor die skaal, media en dat dit nie op enige manier skadelik sal wees nie. Voer jou idee uit en dokumenteer dit op video of foto’s. Doen navorsing oor ten minste twee kunstenaars wat jou geïnspireer het deur spesifieke kunswerke deur die kunstenaars te bespreek. Dit kan jou finale kunswerk wees of kan gebruik word as die basis vir ’n meer tradisionele kunswerk, byvoorbeeld ’n skildery.
• Soos jy in hierdie hoofstuk gesien het, gebruik baie kontemporêre kunstenaars interessante media / materiale en tegnieke om hulle werke saam te stel. Kyk of jy enige nuwe materiaal kan kry om te verken. Probeer om iets te kry wat verwant is aan jou spesifieke idees. Byvoorbeeld, indien jy fokus op jou familie-identiteit, sal teesakkies ’n geskikte materiaal wees. Die volgende is ’n paar voorbeelde van goed wat jy kan gebruik:
Sand Olie Was Gare Meel Tee Modder Vlekke Teer As Politoer Ou boeke
• Doen navorsing oor jou gekose materiaal. Kan jy dit op sy eie gebruik word of moet jy dit met gom of verf kombineer om dit permanent te maak?
• Die volgende gee ’n paar idees oor die gebruik van materiale. Verken sommige van hulle. Vanselfsprekend kan jy garing vir stikwerk gebruik en snywerk vir ’n ou boek.