Speel die volgende speletjie in groepe van drie om idees te stimuleer. Aan die hand van Lautreamont se aanhaling, skryf die volgende in die spasies van die aanhaling: Die eerste persoon vul ’n voorwerp in nommer 1 in en vou die papier om dit weg te steek en gee dit vir die volgende persoon vir sy / haar bydrae vir nommer 2 en so aan. Probeer om nie te dink nie, maar gebruik eerder die eerste voorwerp wat in jou gedagtes opkom.
“So mooi soos die toevallige ontmoeting van ’n (1) … en ’n (2) … op ’n (3) … .”
Julle kan ook die byvoeglike naamwoord “mooi” na iets anders verander, soos so “vreesaanjaend,” ensovoorts.
’n Voorbeeld van ’n boks wat deur ’n leerder geskep is, bevat ’n klein diereskedel, pilbokse, ’n speelgoedvliegtuig,
’n stukkie koraal, ’n
staaldraadpotskoonmaker en ’n skildery van die ontploffing van ’n atoombom.
Kyk na die visuele ooreenkomste tussen die staaldraadpotskoonmaker, die stuk koraal en die atoombomwolk.
Let op hoe die betekenis van die werk verryk word deur die pilbokse en diereskedel.
Tema: JUKSTAPOSISIE 5.1
- Jou onderwyser lei hierdie aktiwiteit.
Begin met jou BRONBOEK om idees te genereer vir ’n kunswerk wat die idee van jukstaposisie verken.
Die volgende is ’n paar opsies om idees vir ’n kunswerk te genereer wat die konsep van jukstaposisie ondersoek. Jy kan hulle almal doen of een of meer kies om te ondersoek: • “Iets oud, iets nuut, iets geleen, iets blou … .” Die gesegde verwys na aandenkings vir goeie geluk wat ’n bruid veronderstel is om op haar troudag te dra. Gebruik hierdie gesegde in ’n breinkaart waar jy items lys onder “oud”, “nuut”, “geleen” en “blou”. Oud kan verwys na enigiets histories, nuut na enigiets tegnologies, geleen na enigiets wat nie jou eie is nie, byvoorbeeld voorwerpe van ander kulture, en blou is vanselfsprekend.
• Deel jou bladsye in vier kolomme in. Skryf die volgende opskrifte neer en lys soveel moontlik items onder elkeen as wat jy kan.