Die rol van die gedrukte media en die internet in die kunswêreld
Kunsboeke, kunstydskriſte, brosjure, koerante en die internet het almal magtige invloede op die kunswêreld. Hulle word beskou as bronne van inligting en hulle vorm opinies. uitstallings word gewoonlik van 'n brosjure vergesel. Die brosjures neem verskillende vorms aan wat wissel van een bladsy tot ’n boek met kleurillustrasies. inligting oor elke uitstalling word in die brosjure verskaf. ’n lys van die werke in die uitstalling en pryse van die kunswerke, indien dit te koop is, is deel van die inligting wat verskaf word. sommige brosjures sluit meer inligting oor die kunstenaar in, ’n verklaring deur die kunstenaar en in sommige gevalle kommentaar oor sy / haar werk deur ’n geïnteresseerde kunsskrywer. resensies van kunsuitstallings is waardevolle bronne van inligting. Dit word aangetref in kunstydskrifte, koerante en op die internet. resensies word gewoonlik geskryf deur kunskritici of kunsskrywers. Kunskritici sal ’n waardevolle evaluering van ’n uitstalling verskaf terwyl daar baie kunsskrywers is wat eenvoudig ’n beskrywing van ’n uitstalling verskaf. Mense se opinies van kuns is subjektief en daarom is daar dikwels meningsverskille daaroor. uit kunsgeskiedenis het ons geleer dat nuwe werke tydens moderne kunsuitstallings dikwels gespot word net om later geprys te word. Oor die algemeen aanvaar mense nie avant garde-kuns wat 'n nuwe en ongewone stelling maak nie. sodra dit deur die algemene publiek aanvaar word, is die kunswerk nie meer avant garde nie. Die geweldige getal kunsboeke verskaf toegang tot goeie kwaliteit reproduksies van kunswerke waar kunstenaars, kunshistorici, kunskritici en kurators geskrewe teorieë kan insluit asook meer intensiewe kommentaar op kunstenaars en kwessies oor kunstenaars en kwessies ten opsigte van hulle werk. Die internet is die jongste tegnologiese ontwikkeling wat elke aspek van die kunswêreld geïnfiltreer het. soos met die hele wêreld, het die kunswêreld meer ingelig geword en minder gesentraliseer oor die onmiddellike toegang tot inligting oor alles. Die toegang tot inligting en beelde is vryelik aan byna almal beskikbaar en het die kunswêreld meer demokraties gemaak namate die kuns van lande elders as Europa of amerika het meer aandag begin kry.
TWEE PUBLIKASIES WAT UITSTALLINGS BY DIE
MICHAEL STEVENSON-GALERY GEPAARD GEGAAN HET. DIE TWEE KUNSTENAARS WAT
VERTEENWOORDIG IS, IS WILLEM BOSHOFF EN NICHOLAS HLOBO.
ART SOUTH AFRICA IS ’N
KWARTAALLIKSE TYDSKRIF, GEPUBLISEER DEUR BRENDON-BELL PUBLISHING, WAT KWESSIES OOR
KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE KUNS AANSPREEK.
ART TIMES IS ’N GRATIS SUID- AFRIKAANSE VISUELE KUNSTE- PUBLIKASIE WAT MAANDELIKS GEPUBLISEER WORD.
ARTTHROB IS ’N SUID- AFRIKAANSE WEBTUISTE WAT GEREELD OPGEDATEER WORD EN UITGEBREIDE INLIGTING VERSKAF OOR HUIDIGE SUID- AFRIKAANSE KUNS EN DIE BETROKKENHEID DAARVAN IN DIE INTERNASIONALE WÊRELD.
SOUTH AFRICAN ART NOW IS ’N HARDEBLADBOEK WAT DIE ROLLE EN
KUNSWERKE VAN MEER AS 80 KUNSTENAARS ONDERSOEK. SUE WILLIAMSON, WAT OOK DIE STIGTERREDAKTEUR VAN ARTTHROB IS, IS DIE SKRYWER.