Eienskappe • Die geboue behou baie van die kenmerke van die werk van die Internasionale Styl, veral die reghoekige, hoë aard daarvan.
• Die eksklusiewe reghoekige vorm word gemodifiseer omdat beton eerder as glas die vorm kan definieer.
• Laat Moderne geboue gebruik nie meer die weergordyn wat uit glas gemaak is nie. Die buitekant is grootliks beton wat in vorms gegiet word wat nie altyd heeltemal reghoekig is nie.
• Die gebruik van glas neem verder af in die 1970’s na die Energiekrisis waartydens die Midde-Oosterse nasies olie weerhou het van die wêreldmarkte en die prys hoër forseer het. Geboue wat baie staatmaak op energie vir verkoeling in die somer en verhitting in die winter weens hulle glasfasades, het te duur geword om te bou.
• Geboue het gevolglik skulptureel en monumenteel in kwaliteit geword, eerder as gewigloos en delikaat.
Le Corbusier Hierdie argitek se volwasse werk toon hoe hy beton gebruik om geboue op te rig wat soos reuse stukke beeldhouwerk is. Hy het ’n styl ontwikkel wat BÉTON BRUT genoem is, waarin hy onafgewerkte beton op ’n baie manlike manier gebruik. Gewapende beton kan op baie maniere gevorm word en in verskeie style gebruik omdat die “vloeibare” beton in ’n vorm (bekisting) gegiet word. Hierdie bekisting is aanvanklik uit houtplanke gemaak. As die beton besig is om hard te word, word die bekisting verwyder. Le Corbusier het van die grofheid en eerlikheid van die beton gehou wanneer dit net uit die bekisting gekom het, ongeverf of “ongeklee” op enige manier. Hierdie gebruik van onafgewerkte beton in beeldhouvorms was kenmerkend van sy volwasse werk.
DIE UNITE D’HABITATION, MARSEILLES, FRANKRYK (1946 – 1952)
Voorbeelde: Die Unite d’Habitation, Marseilles, Frankryk (1946 – 1952) bestaan uit ’n blok van 337 woonstelle wat ’n skool, winkels, droogskoonmaker en gemeenskaplike ontspanningsareas ingesluit het. Dit is ’n “brut” betonstruktuur wat gelig is op yslike pilare. Die daktuin was veral belangrik vir Le Corbusier. Nou huisies het vanaf die voorkant na die agterkant toe gestrek en is gediens deur interne strate. Argitekte het dit as ’n meesterstuk verklaar. In werklikheid was dit duur, ongemaklik en het dit nie voldoen aan die behoeftes van die werkersklasfamilies vir wie dit bedoel was nie.