194 9 Frida Kahlo (1907 – 1954) “’n Lint wat om ’n bom gedraai was.”- André Breton
AGTERGROND Frida Kahlo was ’n Mexikaanse skilder wat as kind vir nege maande aan haar bed gekluister was nadat sy polio opgedoen het; dit het haar met ’n effens gebreklike voet gelaat. Op 18-jarige ouderdom was sy betrokke by ’n padongeluk toe die bus waarin sy gereis het, teen ’n trem gebots het. Sy was deur ’n metaalpyp deurboor en het frakture van die ruggraat, pelvis en bene opgedoen. Na ’n maand in die hospi- taal moes sy vir nog nege maande ’n gipskorset dra. Terwyl sy in die hospitaal was, het Kahlo begin teken en skilder – eers beelde van die ongeluk en toe van haarself. Haar lewe was ’n konstante stryd tussen die lewe en die dood. Sy het herhaalde ope- rasies en hospitalisasies ondergaan. In 1929 is sy getroud met Diego Rivera. Hy was Mexiko se beroemdste kunstenaar, bekend vir sy yslike muurskilderye wat hy vir die Kommunistiese bewind geskep het. Hy was ontrou aan haar en sy buite-egtelike verhoudings het ’n verhouding met haar suster ingesluit.
Hulle is in 1939 geskei, net om weer aan die einde van 1940 te trou. Nadat haar been in 1953 afgesit is, was sy aan ’n rolstoel gekluister. In haar kort lewe van 44 jaar het sy vrede gemaak met haar verskrik- like lyding. As gevolg van die ongeluk, kon sy nie ’n kind hê nie. Haar drie miskrame of aborsies word in haar werk aangespreek.
Eienskappe van Kahlo Kahlo was ’n selfgeleerde skilder. Haar werk is ’n mengsel van naïwiteit, naturalisme en Surrealisme. Alhoewel sy in kontak was met die Surrealiste, het sy self volgehou,“Ek het nie geweet ek is ’n Surrealis nie totdat André Breton Mexiko toe gekom het en dit vir my gesê het. Ek het nooit drome geskilder nie. Wat ek uitgebeeld het, was my werklikheid.” Haar werk toon sterk Mexikaanse volksinvloede. Haar werke is op ’n klein skaal geskep met ’n gedetailleerde, byna miniatuurstyl. Haar werk bevat geweldig baie besonderhede en is uiters kleurvol.