skilder, teken, drukke en beeldhouwerk is tradisionele media en is waarskynlik makliker om te verstaan en te evalueer as nuwe media.
Die kunswêreld het heeltemal verander met die ontdekking van fotografie in die 1840’s. Een van die primêre funksies van kuns, die dokumentering van gebeure en figure, is oorgeneem deur fotografie. Op daardie stadium is fotografie gesien as ’n medium wat nie as kuns beskou kon word nie weens die onmiddellike proses, wat hoofsaaklik ’n meganiese proses behels, asook die moontlikheid van eindelose reproduksies. Kuns het begin wegbeweeg van realistiese dokumentasie en vanaf die samelewing. Kunstenaars het daarop gekonsentreer om die konsep van kuns self as ’n onderwerp te ondersoek. Hieruit het die term kuns om kuns se onthalwe ontwikkel. Die debat oor of fotografie kuns is of nie, het voortgeduur vir ’n groot deel van die 20ste eeu en het in die 1970’s tot ’n einde gekom toe Konteptuele Kunstenaars kuns geskep is wat nie uit ’n kunsvoorwerp bestaan het nie en foto’s gebruik is om die proses te dokumenteer. Vandag is daar baie kunstenaars wat fotografie as medium gebruik.
8.4
Voltooi in jou VKS-werkboek. • Hoe verskil kunstenaars wat fotografie as ’n medium gebruik van kommersiële fotograwe?
• Maak ’n lys van 3 kunswerke waarin nuwe media gebruik is. Hoe dra die medium by tot die kunswerk?
• sal dit moontlik wees om dieselfde stelling te maak soos in die voorbeelde wat jy voorsien het deur tradisionele media te gebruik? Verduidelik jou antwoord.
MAN RAY. NOIRE ET BLANCHE. 1926. FOTO. VISUELE KUNSTE GRAAD 11