Kwaswerk Die Impressioniste se teorieë oor kleurgebruik en die kunstenaars se vinnige skildertegnieke het tot die volgende gelei: • Kort, sigbare,
gebroke
kwashale (divisionisme), waar elke kwashaal sigbaar is. Dit het dikwels veroor- saak dat baie van die buite- lyn en van die detail opgeof- fer moes word.
• Elke kleur is onderskeibaar, maar word opties gemeng deur die kyker. Kleure word kant-tot-kant
aangewend
met so min vermenging as moontlik, wat ’n helder oppervlak skep.
• Verf is dikwels impasto aangewend.
Impressionisme verteenwoor- dig gewone, alledaagse onder- werpe wat klem plaas op die akkurate uitbeelding van lig en die veranderende kwaliteite daarvan. Dit het dikwels die effekte van die verbygaan van tyd beklemtoon. Die Impressioniste het geskilder soos ’n mens sien, ’n vlietende oomblik vol van die weerkaatsing van lig op oppervlakke. Hulle het sigbare kwashale gebruik wat tot optiese vermenging gelei het. Hulle bied ope komposisies aan wat ongewoon is. Hulle verteenwoordig ’n klimaks in die naturalistiese tradisie met die uitbeelding van die werklikheid. Hulle skilderye beeld egter los vorms uit, asook ’n spel van kleur en verfhale wat alles gelei het tot die bekendstelling van Modernisme.
DETAIL, RENOIR, TWO SISTERS, 1881. OIL ON CANVAS
Impressionistiese skilders WIE WAS MANET?
Édouard Manet (1832 – 1883) was ’n Franse skilder. Hy was een van die eerste 19de-eeuse kunstenaars wat onderwerpe in die moderne lewe benader het. Hy was ’n sentrale figuur in die oorgang van Realisme na Impressionisme. Sy vroeë meesterstukke soos Luncheon on the Grass en Olympia het groot opspraak gewek en het as saamtrekpunte gedien vir die jong kunstenaars wat Impressionisme sou skep. Vandag word sy werk as waterskeidingskilderye beskou wat die geboorte van Modernisme aandui.
“Daar is slegs een ware ding: skilder onmiddellik wat jy sien. As jy dit het, het jy dit. As jy dit nie het nie, begin jy weer. Die res is alles nonsens.” - Édouard Manet