• Die gewig van die gebou rus op slegs ’n paar plekke en ’n tuin of pad kan onder die gebou geplaas word.
• Die verdwyning van soliede gewigdraende mure het ’n nuwe soepelheid aan argitektuur gegee, weens die onafhanlikheid van mure en afskortings om die gebou te ondersteun.
• Die skeiding tussen argitektuur en die omgewing is verbreek en die een kan die ander binnedring, bv. skuifdeure om ’n kamer op ’n tuinterras te laat uitbrei.
• Die gebou bestaan dikwels uit ’n staalboks wat ondersteun word deur ’n gewapende staalkern. Die verskeie vloere van die gebou is vrydraend vanaf hierdie sentrale kern. (’n Vrydraende balk is ’n projekterende area van beton wat geen ander ondersteuning het as die kern waaraan dit verbind is nie).
• Alle geboudienste – elektrisiteit, water en riool, telekommunikasie, hysbakke, sentrale verhitting, lugverkoeling – word binne die gebou weggesteek sodat die buitenste vorm suiwer en skoon is.
• Die reëlmatige verspreiding en strukturele ondersteuning lei na ontwerpe met ’n reghoekige klem (in samehang met die formalistiese abstraksie van bv. De Stijl). Eenvoudige blokagtige vorms is op geraamtekonstruksies gebaseer.
• ’n Nuwe konsep van binneruimtes het ontstaan uit die gebruik van nuwe, sterk boumateriale. Binneruimtes kon nou bevry word van ondersteunings, en ’n aaneenlopende vloei van binneruimtes het gevolg – die “geboorte” van die oop plan.
• Die eliminasie van aangewende versierings het veroorsaak dat die struktuur en materiaal van die gebou die dekoratiewe kenmerke verskaf het. Die strukturele dele was nie “vermom” nie en die natuurlike skoonheid van die materiale is uitgebeeld en nie bedek nie (getrou aan materiale).
• Die eliminasie van sterk kleurkontraste binne en buite is ’n kenmerkend. Meeste geboue is in die natuurlike kleur van die materiale of is wit geverf. Sommige Hollandse argitekte het sterk aksente kleur gebruik as ’n direkte invloed van De Stijl.
• Die plat dak stel die plan in staat om uit enige vorm te bestaan.
• Die Internasionale Styl was effektief in stedelike beplanning,
goedkoop massabehuising en
tuinstede. Enige grootskaalse geboue wat goedkoop gestandardiseerde bou-eenhede nodig gehad het, was effektief. Omdat meeste van die komponente van die gebou identies is, bv. vensters, kan dit massavervaardig en voorafvervaardig word. Die koste van die bou van ’n struktuur word dus laag gehou. Die ekonomiese aspek was nog ’n rede waarom hierdie geboue regoor die wêreld gewild geraak het – hulle kon vinnig opgerig word teen ’n redelike goedkoop koste.
VRYDRAENDE BALK LE CORBUSIER, DOMINO SYSTEM. 1914 DIT IS ’N ENKELE MODULÊRE EENHEID WAT HERHAAL KAN
WORD IN BAIE VERSKILLENDE RANGSKIKKINGS OM ’N MEER KOMPLEKSE GEHEEL TE SKEP WAT BAIE DOELWITTE KAN VERVUL.
MIES VAN DER ROHE, ILLINOIS INSTITUUT VAN TEGNOLOGIE, CHICAGO. 1940
MIES VAN DER ROHE, LAKE SHORE APARTMENTS, CHICAGO. 1951.