Seurat het meer as twee jaar daaraan spandeer om die yslike La Grand Jatte te voltooi. Hy het die oorspronklike skildery bewerk en het ook verskeie voorlopige tekeninge en oliesketse voltooi. Hy het in die park gaan sit en het baie sketse van die verskillende figure gemaak om hulle vorm perfek te kon uitbeeld. Gemotiveer deur die studie van optiese- en kleurteorie, het Seurat die miniatuurkolletjies van kleur deur optiese samestelling gekontrasteer om een kleur in die kyker se oog te vorm. Hy het geglo dat hierdie vorm van skilder, nou bekend as pointillisme, kleure meer helder en magtig sou maak as tradisionele kleur. Om die skildery te skep, het Seurat die nuwe pigment, sinkgeel, gebruik, soos in die geel ligkolle op die grasperk in die skildery, maar ook in mengsels van oranje en blou pigmente. Van toe af het die sinkgeel tot bruin verdonker, ’n kleurdegenerasie wat reeds sigbaar was in die skildery in Seurat se leeftyd. Hierdie is ’n kontemporêre Paryse toneel van mense wat ’n lui middag deurbring op die oewers van die Seine, maar Seurat transformeer hierdie tipiese Impressionistiese toneel in een van Egiptiese styfheid. Seurat het sy werk met wiskundige presisie beplan, en het die hele komposisie gebaseer op ’n reeks horisontale en vertikale lyne. Die diagonale lyn van die rivieroewer vorm ’n kontras met hierdie reguit lyne. Die hele skildery draai om die vrou met die sambreel en haar kind wat in die middel uitgebeeld word. Hy het groot aandag gewy aan
die kleure van sy figure. Kleure help om klas en status te definieer, bv. die pet van die man uit die werkersklas wat agteroor lê en die pluiskuil van die middelklasman. Daar is ook meer konsentrasie op besonderhede, soos hoede, kieries, sambrele en waaiers as op die gesigte. Baie van die figure kom vaag voor. Daar is teenstrydighede in die skaal van die figure. Seurat het die vlietende wêreld van Impressionisme verander in iets wat meer solied en wetenskaplik was.
EEN VAN DIE BAIE LIEFLIKE DETAIL IN DIE WERK.
EEN VAN DIE BAIE
VOORLOPIGE SKETSE VIR HIERDIE WERK. DIE MODIEUSE
“HEUPBOLLA”, WAT ’N SOORT RAAMWERK IS, WAT GEBRUIK IS OM DIE VOLHEID
VAN DIE AGTERKANT VAN ’N VROU SE ROK TE VERGROOT, IS ’N INTERESSANTE DETAIL.
3 August Rodin AUGUST RODIN (1840 – 1917)
Rodin was die bekendste beeldhouer van sy tyd. Sy groot vaardigheid was om komplekse idees deur baie klein details van die menslike vorm oor te dra. Hy het ook aanhoudend oppervlaktekstuur, ekspressie en lig verken. Dit het ’n verwantskap met die Impressioniste geskep.
REGS: THE KISS, 1901 – 1904. MARMER
DIE MINNAARS IS SO VERWEEF DAT HULLE NIE VAN MEKAAR ONDERSKEI KAN WORD NIE. RODIN IS GEÏNTERESSEERD IN DIE EKSPRESSIEWE MAG VAN DIE GEHEEL, EERDER AS OM FYN DETAIL UIT TE BEELD. DIE ROTS VERBIND DIE TWEE FIGURE SAAM, EN GEE SOLIEDHEID EN PERMANENSIE AAN DIE STUK.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
“Indien die kunstenaar slegs oppervlakkige kenmerke uit- druk, soos in die geval van fotografie, indien hy die gelaat- strekke van ’n gesig presies naboots, verdien hy geen waardering nie. Die ooreenkoms wat hy behoort uit te beeld, is die van die siel.” - August Rodin