Dali het saam met die rolprentmaker Luis Bunuel in 1929 gewerk aan Un Chien andalou. Die openingstoneel is die van ’n man wat by ’n venster staan, besig om ’n skeermeslem te slyp. Buite sweef ’n wolk verby ’n volmaan. ’n Vrou staar in ’n nabyskoot strak voor die kamera uit. Die lem word oor haar oogbal getrek. Hierdie skokkende
toneel was die begin van Surrealisme in rolprente. Tydens die eerste vertoning van Dali en Bunuel se tweede samewerking, l’Age d’or, in 1930 moes die polisie geroep word om die teater te ontruim. Tonele van die fliek sluit ’n man in wat sy mond van sy gesig afvee, ’n verrottende donkie op ’n vleuelklavier en ’n hand wat deur miere oortrek is.
Surrealisme het kuns bevry. Dit het die onderbewussyn en die droomwereld as ’n belangrike bron van kreatiwiteit bekendgestel. Kuns, literatuur en rolprente is verryk deur Surrealisme.
SUPERMAN, THE MAN OF TOMORROW, DAN JURGENS AND BRETT BREEDING
Hoe het jy bewus geword van die nalatenskap van Surrealisme? Dink aan die boeke wat jy gelees het of flieks wat jy gesien het.
5.3
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Surrealisme het die droom en die onderbewussyn gebruik as bronne van kreatiwiteit. Verduidelik hoe dit gesien word deur die skilderye deur Yves Tanguy and Max Ernst te analiseer.
In jou verduideliking verwys duidelik na die volgende: • Invloede • Die uitdrukking van die onderbewussyn en die droom
• Tegniek en styl • Gebruik van formele elemente
MAX ERNST, THE ELEPHANT CELEBES, 1921. OLIE OP DOEK
YVES TANGUY, MAMA, PAPA IS WOUNDED, 1927. OLIE OP DOEK