Maak jou oë toe en kies een uit elke kolom. Kyk of jy hierdie items in ’n kunswerk kan visualiseer.
In albei van hierdie opsies moet jy besluit oor die voorwerpe / figure wat jy gaan gebruik. Jy moet visuele bronmateriaal vir elkeen vind. Vir sommige kan jy die werklike voorwerp soos ’n tandeborsel gebruik, maar vir ander moet jy visuele materiaal vind deur of jou eie foto’s te neem of in boeke of tydskrifte te kyk vir geskikte voorbeelde. • ’n Ander opsie sal wees om die tegniek van fotomontage te gebruik wat die Dadaïste verken het. Gebruik tydskrifte / foto’s / prente om jukstaposisies tussen voorwerpe en figure te skep.
Besluit op jou keuse van beelde vir jou kunswerk en doen die volgende in jou bronboek: • Skryf jou bedoeling en idees. Maak ’n paar klein sketse om verskillende komposisionele strukture te verken.
• Doen navorsing oor die werk van drie kunstenaars wat jukstaposisie in hulle werk gebruik en beeld ’n soortgelyke benadering uit.
• Maak ’n finale tonale skets van jou komposisie. • Dokumenteer jou denkprosesse op skrif en/of visueel vir jou finale kunswerk deur die keuse van medium, styl, komposisie, betekenis, ens. te oorweeg. Jy kan dit oorweeg om ’n assemblage-boks soos Cornell te maak en ’n tekening of ’n skildery daarop te baseer. • Nadat jy jou kunswerk voltooi het, moet jy skriftelik oor die hele proses besin.
DIE OPDRAG Jou opdrag is om ’n finale kunswerk oor die tema van jukstaposisie te maak.
Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en kan verdere instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens. Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.