• Na die bespreking van die bostaande punte, sal die kyker ’n beter begrip van ’n kunswerk hê. Die kyker is egter nie die kunstenaar nie en ons weet dalk nooit wat die volle bedoeling van die kun- stenaar is nie, maar ons vorm ons eie ingeligte opinie mits die opinie gestaaf kan word.
• Konteks het te doen met die dieper betekenis van die kunswerk of die boodskap van die werk. • Kontekstuele faktore: die konteks van die werk speel ’n groot rol om die betekenis te bepaal. Die biografie van die kunstenaar, politieke en sosiale situasie, historiese faktore en / of fisieke plek, bv. ’n werk wat geskep is tydens Apartheid Suid-Afrika kan ’n rol speel.
• Gebruik die inligting wat versamel is van jou BESKRYWING en BESPREKING (ANALISE) om jou te help om die INHOUD van werke te indentifiseer (wat die kunswerk sê van die menslike ervaring). Dit het te doen met die BOODSKAP van die werk.
• Beskerm jou hipotese met bewyse van ander bronne soos kunsgeskiedenis, vroeëre ondervindinge waaraan die werk jou herinner, of vermoedelike doel, bv. om te vereer, kritiseer, voorspel, ’n ge- beurtenis aan te teken, maak ’n politieke of sosiale stelling maak, spot, ensovoorts. • Kyk na die simboliese betekenis indien moontlik, bv. ’n duif wat vrede beteken.
Daar word gehoop dat jy baie geleenthede sal kry om jou vaardigheid te beoefen om kunswerke te analiseer, in die geval van jou eie, daardie van jou klasmaats, die wat jy in uitstallings sien en daardie wat jy bestudeer.
In Hoofstuk 7 gaan jy konseptuele kunswerke bestudeer en hierdie werke pas nie altyd in die bostaande model in nie, by- voorbeeld Joseph Beuys se How to Explain Pictures to a Dead Hare, 1964.
’n Gids om hierdie soort werke te beskryf, is:
• BESKRYF die werk in detail. Dit is noodsaaklik om al die hoofelemente van die werk oor te dra.
• Verwys duidelik na die MEDIA, byvoorbeeld dat dit ’n opvoering is wat met video gedokumenteer is, ens.
•
Die BETEKENIS van hierdie werke speel ’n belangrike rol, en hoe jy moet uitbrei op die kunstenaar se bedoelings met hierdie werk.