334 Kleurverskeidenheid: gebruik van verskillende kleure.
Kleurvibrasie: Wanneer twee hoogs kontrasterende kleure aanmekaar, weerspieël die grenslyn ’n persepsie van vibrasie en beweging. Kleurwaarde: Die ligtheid of donkerheid van ’n kleur.
Kleurwiel: Toon die verhouding tussen kleure soos primêre kleure, sekondêre kleure, komplimentêre kleure in ’n georganiseerde manier rondom ’n sirkel / sirkulêre grafiek; word gebruik in die studie van kleurteorie.
Kolonisasie: Het gedurende die industriële revolusie in die 19de eeu plaasgevind toe Europese lande op soek was na rou materiale. afrika is deur Europese lande verdeel in die lande soos ons hulle vandag ken, sonder om die inheemse bevolking in ag te neem. Vanaf die 1960’s het afrika-lande hul onafhanklikheid verklaar.
Kommodifikasie: Die transformasie van goedere, idees of enige iets wat eers nie beskou is as handelsartikels nie, maar wat nou ’n bemarkbare item is en vervaardig word om behoeftes en begeertes te bevredig.
Komplimentêrende Kleure: Kleure wat oorkant mekaar geleë is op die kleurwiel, soos rooi en groen, geel en pers, blou en oranje; ’n primêre kleur is die komplimentêre kleur van ’n sekondêre kleur (mengsel van 2 primêre kleure).
Komposisie: Die kombinasie van die kunselemente om ’n bevredigende geheel te vorm. Die rangskikking van kleure, vorme, lyne ens. moet ’n visueel bevredigend of stimulerede eenheid vorm. Die komposisie word deur die kunstenaar gedoen. Die finale resultaat van die komposisie word die komposisie van ‘n tekening, skildery of beelhouwerk genoem.
Konkreet Brut: Die gebruik van afsluiterbeton op ’n manier wat rof, ongeverf of onbedek is. Konsep: Die idee/s agter ’n kunswerk. Konseptualiseer: Om met ’n idee vorendag te kom. Konseptueel: ’n Kunswerk wat idees uitdruk.
Konseptuele kuns: ’n Term wat in die 1960’s ontstaan het, wat verwys na verskeie kunsvorms wat nie meer die konvensionele vorm van die kunsvoorwerp aanneem nie. Die vernaamste element van konseptuele kuns is dat dit die kyker met ’n idee gee oor kuns sodat die natuur van kuns oorweeg en bevraagteken kan word.
Konseptuele vaardighede: Die vaardighede om ’n oorspronklike idee of plan te kan bedink; gevordere manier van dink ten opsigte van analisering, observasie en die interpretasie van mense en situasies.
Konteks: Die sosiale en historiese agtergrond. Dit is belangrik om so veel as moontlik historiese agtergrond oor kunstenaars en kunswerke te hê, sodat ons begrip van die werk toeneem.
Kontemporêre: gewoonlik beskou as die kuns van die 1970’s tot vandag wat modern en nie- tradisioneel is.