Modernisme (Moderne kuns): Die los term wat gegee word aan die opvolging van verskillende style en bewegings in kuns en argitektuur, wat Westerse kultuur gedomineer het sedert die 19de eeu tot in die 1960’s / 1970’s. Bewegings wat geassosieer word met Moderne Kuns sluit in impressionisme, Fauvisme, Kubisme, surrealisme, Futurisme, abstrakte Ekpressionisme, ens. Modernisme verwerp die verlede as ’n model vir huidige kuns en word gekenmerk deur konstante innovering en eksperi- mentasie.
Modulasie: stel gladde oorgang of verandering voor.
Monochromaties: Kleurskema ontwikkel uit tinte en skaduwees van een kleur of skakering; die gebruik van kleure wat naby mekaar gebruik word in ’n kleurskema; afgelei van dieselfde kleur, maar toon variasie ten opsigte van die tonale waarde (ligter of donkerder) van dieselfde kleur wat ’n reeks verwante kleure tot gevolg het.
Montering: Om jou kunswerk op ’n tweede, gewoonlik sterker, oppervlak te plaas om sodoende jou werk te “raam” vir uitstaldoeleindes; montering word aan die agterkant van die kunswerk geheg wat ’n opsigtelike raam rondom die kunswerk wys.
Monumenteel: groot, kolosaal.
Motief: Dominante tema of vernaamste deel van ’n komposisie; individuele element / simbool of kombinasie van elemente wat herhaal word in die ontwerp; kan eenheid deur herhaling van die mo- tief skep.
Multikulturisme: inkorporasie van invloede en beelde wat uit verskillende kulture ontstaan.
Multimedia: Kontemporêre kunstenaars wat ’n verskeidenheid media, gewoonlik ’nuwe Media’ soos teks, oudio, video, ens. gebruik om ’n kunswerk te skep; staan ook bekend as elektroniese media, wat kuns kan stoor of gebruik word om multimedia te ervaar.
Museums: Versamel, stal uit, onderrig, doen navorsing oor en bewaar voorwerpe sodat dit deur mense vandag en ook deur die nageslag gesien kan word.
Muurskildery-ontwerp: ’n Ontwerp wat aangewend word op die oppervlakte van ’n muur as primêre oppervlak.
N
Naïwe kuns: ’n Term wat gebruik word vir kunstenaars wat geen formele opleiding het nie, bv. Henri rousseau. Hul werk bestaan gewoonlik uit helder kleure en hoewel hul benaderings naturalisties is met baie aandag op detail, gee hulle min aandag aan perspektief.
Naturalisme: Kuns wat die regte voorkoms van dinge, akkuraat en betroubaar wil weergee. (Die terme ’naturalisties’ en ‘realisties’ word gereeld as sinonieme gebruik, maar realisme verwys na spesifi eke bewegings tydens die 19de eeu.) Ook bekend as verteenwoordigende kuns.
Negatiewe spasie: Die spasie rondom die regte vorm of voorwerp wat nie beset word nie; die ‘grond’ in ’n figuur-grond verhouding; die gedeelte wat beïnvloed en beheer word deur ’n vorm of voorwerp.