Hy het weggedraai van die naakfiguur in die agtergrond en hy kyk in ons rigting. Hy kan egter nie oogkontak maak nie omdat sy oë leeg, hol en dood is. Eienaardige vorms verskyn agter hom en sy oë kyk in die toekoms in met wanhoop. Hy strek die bloederige stomp van sy regterarm uit, terwyl hy terselfdetyd probeer om sy balans te behou deur aan die agterkant van ’n stoel vas te hou. Die skildery word gedomineer deur gloeiende rooi kleure, en die aggressiewe impak word verder versterk deur die kontras met die swart uniform.
Die vroulike naakfiguur is ’n tipiese motief in Kirchner se werk, maar hy draai weg van die figuur omdat sy wêreld gefragmenteerd is en dreigend geword het. Hy kan haar nie verf nie. Vergelyk hierdie werk met sy vroeëre Self-portrait with Model (1905) waar hy gewys word met sy skildergereedskap en daar is byna ’n seksuele spanning tussen die skilder en die model.
ERNST LUDWIG KIRCHNER, SELF-PORTRAIT WITH MODEL, 1905. OLIE OP DOEK
3.2 Voltooi in jou VKS-werkboek. V
Emil Nolde is in 1906 genooi om by Die Brücke aan te sluit, al was hy ouer as die ander kunstenaars. Weens sy introspektiewe geaardheid was hy slegs vir ‘n jaar lank ‘n lid.
Skryf ’n visuele analise van Nolde se Te Last Supper deur die volgende te bespreek:
• Sy interpretasie van die onderwerp en moontlike betekenisse/interpretasies. • Gebruik van formele elemente soos kleur en vorm.
• Komposisie • Tegniek • Waarom is hierdie
’n goeie
voorbeeld van ekspressionisme in kuns?
EMIL NOLDE, THE LAST SUPPER, 1909. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE GRAAD 11