DIE OPERAHUIS IN PARYS, 1861 – 1875, IS TIPIES VAN HIERDIE PERIODE. DIE GEBOU HET ’N KOEPELVORMIGE DAK (ANTIEKE ROME), PILARE EN PEDIMENTE (ANTIEKE GRIEKELAND) WAAROP ENORME BEELDHOUWERKE GEPLAAS IS.
DIE BRIGHTON-PAWILJOEN KOMBINEER ELEMENTE VAN GOTIESE MET DIE ARGITEKTUUR VAN INDIË (KOEPELS EN TORINGS).
WOORDESKAT EKLEKTIES beteken om te kies tussen verskeie bronne, ’n kombinasie van style.
Na aan die einde van die 19de eeu het ’n hoeveelheid faktore bygedra tot die skep van ’n nuwe styl van argitektuur vir die 20ste eeu: • Voortdurende industrialisasie skep die behoefte vir nuwe soort geboue soos spoorwegstasies, fabrieke en spoorwegbrûe. Al hierdie geboue het geen prototipes gehad nie omdat hulle nie voor hierdie tyd in die geskiedenis bestaan het nie.
• Vinnige groei in stedelike bevolking het gelei tot die behoefte vir argitekte om opwaarts te bou.
• In the 1890’s is elektriese hysbakke uitgevind, noodsaaklik om mense op en af in geboue met baie vloere te vervoer.
• Nuwe materiale soos smeeyster, gietyster en die belangrikste materiaal, gewapende beton, het argitekte in staat gestel om in ’n woordeskat te bou wat heeltemal verskil het van die van die Victoriane.
Argitekte het hul na ingenieurswese gewend vir hulp en het voorafvervaardigde geboue gemaak wat uit smeeyster en staal gebou is. Klein vlakke glas is gebruik om die areas tussen die smeeyster-geraamte in te vul.
DIE EIFFELTORING IS IN 1889 DEUR GUSTAVE EIFFEL ONTWERP EN IS GEBOU UIT SMEEYSTER, SOOS AL DIE SPOORWEGBRÛE REGOOR EUROPA.
DIE KRISTALPALEIS (CRYSTAL PALACE) DEUR WILLIAM PAXTON WAS ’N GROOT UITSTALSAAL WAT IN LONDEN GEBOU IS VIR DIE GREAT EXHIBITION. HIERDIE GROOT STRUKTUUR WAS HEELTEMAL VOORAFVERVAARDIG IN SMEEYSTER EN GLAS. DIT IS VERWYDER VAN DIE OORSPRONKLIKE LIGGING IN LONDEN NA ’N ANDER EEN, WAAR DIT WEER OPGERIG IS. DIT BESTAAN NIE MEER NIE OMDAT DIT IN ’N VUUR VERNIETIG IS.