Terwyl amateurtalente in tekenkuns en water- verfkuns aangemoedig is as deel van ’n goeie bour- geois-opvoeding, is professionele loopbane vir vroue wat nie hoef te gewerk het nie as skadelik beskou omdat daar gedink is dat loopbane vroue se aandag afgelei het van hulle voorgeskrewe rolle as vrouens en ma’s. Met sy klem op kontemporêre lewe, was Impressionisme toeganklik vir kuns- tenaars van alle agtergronde en Berthe Morisot en Mary Cassatt het twee van die beweging se kern- lede geword. Alhoewel hulle hoër- stand-status hulle daarvan ontneem het om die Paryse café- konserte en danssale so dikwels by te woon as wat so gereeld gevier is deur hulle manlike kollegas, het hulle toegang gehad tot middelklasontspanning en
–huislikheid. Albei hierdie kunstenaars het deelge- neem aan die Impressio-nistiese uitstallings.
BERTHE MORISOT, THE CRADLE, 1872. OLIE OP DOEK Die belangrikheid van Impressionisme
Impressionisme kan beskou word as die belangrikste styl van die 19de eeu. Dit is beide ’n begin en ’n einde in die geskiedenis van die Westerse skilderkuns. Die hoofdoel
van Impressionisme was om ’n GROTER NATURALISME TE SKEP DEUR DIE PRESIESE ANALISE VAN KLEUR OM DIE SPEL VAN LIG OP OPPERVLAKKE UIT TE
MARY CASSAT, THE BATH, 1891 – 92. WOORDELYS
MODERNISME of MODERNE KUNS is die algemene term wat gebruik word vir die opeenvolging van style en bewegings in kuns en argitektuur wat die Westerse kultuur vanaf die 19de eeu tot die 1960’s en 1970’s gedomineer het. Bewegings wat geassosieer word met Moderne Kuns sluit in Impressionisme, Fauvisme, Kubisme, Surrealisme, Futurisme, Abstrakte Ekspressionisme, ens. Modernisme verwerp die verlede as ’n model vir die kuns van die hede en word gekarakteriseer deur aanhoudende innovasie en eksperimentasie. Vanaf die 1970’s het kunstenaars en bewegings begin reageer teen Modernisme en gevolglik het Post-Modernisme ontwikkel.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
BEELD. Dit is ‘n logiese einde aan die Westerse tradisie van naturalisme en persepsie. Aan die ander kant, hulle aandrang op die uitbeelding van die visuele sensasie het gelei tot die oplossing van vorms, en die geboorte van Modernisme.