13 ’n Kunstenaar word gewoonlik bespreek deur te verwys na:
• Biografiese inligting: Dit is altyd interessant om die “storie” van enige kunstenaar te ken. Gebruik dit spaarsamig in navorsingsprojekte. In toetse en eksamens moet jy SLEGS daarna verwys indien dit die werk direk beïnvloed, soos in Van Gogh se geval.
• Bronne, inspirasies en invloede deur ander kunstenaars se werk en kontekstuele faktore soos politiek.
• Stilistiese eienskappe verwys na die temas, onderwerpe, formele elemente, styl, tegniek, ens; ook die betekenis wat aan die werk gegee word deur die kunstenaar self of hoe ander mense die werk interpreteer deur kontekstuele faktore en die werk self te oorweeg.
• Spesifieke voorbeelde wat die bostaande uitbeeld.
Met kunsbewegings word dieselfde for- maat gebruik, maar biografiese inligting sal vervang word deur die oorsprong en doelwit van ’n beweging.
Toetse en eksamens in visuele kultuurstudies
Vrae bestaan gewoonlik uit twee dele: 1.
“Ongesien” kunswerke waar jy jou visuele geletterdheidsvaardighede moet aanwend. 2. Kuns, kunswerke en kunsbewegings wat jy bestudeer het.
Wenke oor hoe om ongesiende werke te beantwoord: • Bestudeer die opskriſte. Dit verskaf die naam van die kunstenaar, titel van die werk, datum en medium. Hierdie is alles leidrade wat jy kan volg.
• Die medium is belangrik. Is dit ’n beeldhouwerk, skildery of tekening? Jy gaan nie die agtergrond van ’n beeldhouwerk bespreek nie. Indien dit ’n skildery is, kan jy skryf oor die styl, kwashale, ens.
• Oorweeg versigtig wat jy moet bespreek en kyk of jy oor elkeen van die verwagte faktore kan skryf. Dit is van geen belang indien jy slegs kleur bespreek, maar komposisie ignoreer nie (afangend van wat gevra word). Wat jy gewoonlik in ’n werk moet bespreek, is die vernaamste aspekte van die werk.
• Moenie obskuur wees nie. ’n Klein vertikale lyn in die agtergrond beeld nie krag uit nie. Konsen- treer op die vernaamste elemente.
• Betekenis / interpretasie – wees versigtig ten opsigte van ongeregverdigde stories sonder enige verbintenis met die kunswerk. Die tema van die vraag is daar om jou te help, bv. indien dit Impres- sionisme is, pas jy jou kennis van hierdie styl op die ongesien werk toe. Wees versigtig oor “preke” oor sosiale kwessies of godsdiens wat nie op die werk van toepassing is nie.