Nadat hy sy militêre diens voltooi het, het Beuys as ’n beeldhoustudent ingeskryf by die Düsseldorf Academy of Fine Arts, waar hy in 1952 sy graad ontvang het. Regdeur sy loopbaan het hy politieke hervorming verkondig om aan individue meer mag te gee. Hy het hom toegespits op wêreldwye ontwapening en die transformasie van die opvoedingstelsel. Sy onkonvensionele definisie van die gebruik van kuns het debat, bespreking en onderrig ingesluit en hy het aanhoudend idees in die openbaar verkondig oor hoe kuns ’n groter rol in die samelewing kon vertolk.
Hy is bekend as ’n uitvoerende kunstenaar, beeldhouer, installasiekunstenaar, kunsteoretikus en kunsonderwyser.
“Om ’n onderwyser te wees, is my grootste kunswerk. Die res is die afvalproduk, ’n demonstrasie. In- dien jy jouself wil uitdruk, moet jy iets aanbied wat tasbaar is. Maar na ’n ruk het dit slegs die funksie van ’n historiese dokument. Voorwerpe is nie meer baie belangrik nie. Ek wil by die oorsprong van die saak uit-
kom, by die gedagte daaragter.” - Joseph Beuys
I Like America and America Likes Me is ’n uitvoerende stuk of aksie wat in Mei 1974 deur Beuys opgevoer is. Hy het New York toe gevlieg, by die Kennedy-lughawe geland, vinnig deur die eindpuntgebou gestap en terwyl hy nog binne die gebou gestaan het, is hy in vilt toegedraai, op ’n draagbaar geplaas en vinnig in die wagtende ambulans gelaai, wat weggejaag het met loeiende sirenes wat afgegaan het asof daar ’n mediese noodgeval was. Hy is afgelewer by die René Block Galery op East Broadway, waar hy op die draagbaar ingedra is. Hy het in die galery opgestaan toe hulle aankom in die leë kamer waar ’n prêriewolf (coyote) in ’n ingeslote area rondgeloop het. Binne die ingeslote area het Beuys gereeld dieselfde bewegings uitgevoer deur die verskafte voorwerpe te gebruik – viltkomberse, ’n stapstok, handskoene en ’n flits. Beuys het ’n driehoekige hanger om sy nek gedra wat hy drie keer geslaan het om die volgorde van sy gereelde aksies te begin en om homself, die prêriewolf en die gehoor tot orde te roep. Dit is gevolg deur ’n harde turbinegeraas, waarin hy ’n ongedefinieerde energie uitgebeeld het, buite die insluiting gespeel. Beuys het toe sy handskoene aangetrek, sy viltkombers om hom gedraai sodat hy binne-in dit met ’n flits verdwyn het. Daarna het hy die boog van die staaf by die opening aan die bokant van die vilt uitgesteek,wat dit laat lyk het soos ’n antenna of weerligafleier. Terwyl hy aanhoudend sy oë op die prêriewolf gehou het, het hy oor die verloop van drie dae aaneenlopend met die dier interaksie gehad. Hy het die groot viltkombers oor hom gevou en nader aan die prêriewolf geloop. Hy het die stapstok gebruik om die figuur van ’n skaapwagter voor te stel. Elke dag is 50 nuwe kopieë van die Wall Street Journal afgelaai en op die vloer rondgestrooi. Die prêriewolf het soos ’n wilde dier reageer en het alles versigtig geïnspekteer, het daaraan gebyt en geruk en dan sy terrein afgemerk deur daarop te urineer. Die prêriewolf se gedrag het gewissel tussen versigtigheid, onbetrokkenheid en aggressie en hy was soms vriendelik in die tyd wat hy saam met Beuys in die kamer afgeskort was. Na drie dae het Beuys die insluiting verlaat, is weer in ’n viltkombers toegedraai, op ’n draagbaar geplaas, na die wagtende ambulans toe geneem en terug na die lughawe toe gejaag met loeiende sirenes.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
HIERIDE FOTO BEELD BEUYS UIT WAT IN DIE AMBULANS GELAAI WORD WAT HOM GENEEM HET NA DIE RENÉ BLOCK GALLERY.
BEUYS TOEGEDRAAI IN DIE VILTKOMBERS MET DIE STOK WAT AAN DIE OPENING AAN DIE BOKANT UITSTEEK.
DIE PRÊRIEWOLF TREK AAN DIE VILTKOMBERS WAT OM BEUYS GEDRAAI IS.