In Westerse kuns is daar altyd interaksie tussen Formalisme en Ekspressionisme, die verstand en die hart – orde vs. chaos en/of intellek vs. emosie. Albei hierdie tendense word dikwels in ’n kunswerk uitgedruk.
FORMALISME
Intellektuele kuns, die rangskikking van die forme- le elemente (kleur, vorm, lyn, ens.) is belangrik. Koel, objektiewe styl Kalm, simmetries, eenvoudig Duidelike vorms Netjiese en presiese skilderstyl
EKSPRESSIONISME
Die uitdrukking van emosies en idees deur die verwringing van kleur en lyn. Emosioneel en persoonlik Teatraal en kompleks Vorms vloei in mekaar in en stel beweging voor Skilderagtige styl
NEO-KLASSISISME
Spaanse Romantisisme WIE WAS GOYA?
Francisco José de Goya y Lucientes (30 Maart 1746 – 16 April 1828) was een van die groot individualistiese skilders van die 18de en 19de eeue en het in verskillende style geskilder, alhoewel party van sy belangrikste werke beskou word as vername voorbeelde van Romantisisme. Goya was ’n hofskilder vir die Spaanse koningshuis en deur sy werke was hy ’n kommentator en ’n storieverteller van sy era. Sy loopbaan het oor 60 jaar gestrek en hy het homself aanhoudend herskep. In 1792 het Goya ’n ernstige siekte opgedoen wat hom heeltemal doof gelaat het – dit het ’n keerpunt in sy loopbaan veroorsaak. ’n Gevoel van pessisimisme is daarna in sy werk bespeur.
Goya het ’n wonderlike etsreeks, Los Caprichos, geskep wat gevul was met satiriese humor en wat die sosiale omstandighede van sy tyd uitgebeeld het. Sy passievolle menslikheid spreek ongesensor deur hierdie werke. Te Sleep of Reason Produces Monsters, dalk een van die beroemdste drukplaat van Los Caprichos, beeld ’n selfportret van die kunstenaar met sy kop op ’n tafel uit. Dit lyk of die omringende uile (simbole van waansin) en vlermuise (simbole van onkunde) hom aanval. Dit kan vertolk word as “dit” wat ontstaan indien rede onderdruk word, maar dit stel ook die ontketening van verbeelding, emosies en selfs nagmerries voor. Die slapende kunstenaar word oorval deur nagmerrieagtige visioene. (Uile word gewoonlik beskou as simbole van wysheid, maar hier is hulle voëls wat onheil, die dood en die nag simboliseer.)
FRANCISCO DE GOYA, THE SLEEP OF REASON PRODUCES MONSTERS, 1799. ETS EN AKWATINT