Ritme: Ontwerpselemente wat op so ’n manier gerangskik word dat die patroon of herhaling ’n sekere ritme skep; die proporsie van ’n verskeidenheid elemente moet verskil om te voorkom dat ’n vervelige ontwerp ontstaan. (Elemente soos lyn, vorm, tekstuur en kleur eweredig gespasieer, soort- gelyk in grootte, kleur en tekstuur, sal ’n vervelige ontwerp sonder enige ritme skep.)
Romantisisme: Vroeë to middel 19de eeuse styl wat individualisme, verbeeldingskrag en emosies vereer. Dit was ’n hoogs verbeeldingryke en subjektiewe benadering, gevul met emotionele intensiteit en ’n droomagtige of visionêre kwaliteit.
Ruimtelike oriëntasie: Die verhouding tussen ’n voorwerp en sy omgewing. Ruimtelike perspektief: Om die 3D-kwaliteite van ’n ruimte op ’n 2D-oppervlak uit te beeld. S
Salon Des Refuses: Franse uitstalling van verwerpte salon-werke wat in 1863 gehou is en wat die mag van die Franse akademie gebreek het en gelei het tot die geboorte van avant-garde kuns met onafhanklike uitstallings.
Salon: Die amptelike twee-jaarlikse uitstalling van kunswerke in die louvre wat twee maal ’n jaar plaasgevind het. Dit was oop vir alle kunstenaars wie se werk deur die jurie, wat uit lede van die aka- demie bestaan het, goedgekeur is. Meeste van die voorste Franse kunstenaars van die 19de eeu het deelgeneem aan die salon. sukses by die salon kon ’n kunstenaar se goeie reputasie verseker, gevolg deur winsgewende staatsopdragte.
Assemblage: Dit is ’n artistieke proses waar gevonde voorwerpe saam gesit word om twee- of driedi- mensionele komposisies te vorm.
Sekondêre kleure: Die vermenging van twee primêre kleure veroorsaak ‘ ’n sekondêre kleur; oranje (rooi + geel), groen (blou+geel), en pers (blou+rooi).
Sensorskap: Dit is die onderdrukking van spraak of ander publieke komunikasie wat moontlik beskou kan word as aanstootlik, skadelik, sensitief of ongemaklik vir die meerderheid mense soos bepaal deur ’n regering, mediaverskaffer, of ander beheerliggaam.
Sentralisasie van komposisie: Waar die belangrikste figuur in die middel van die komposisie geplaas word.
Sifdruk: Dit is ’n afdruktegniek wat gemaak word deur ’n geraamde, fyngevlegte net wat ’n stensil van die inkblok tydens die drukwerk ondersteen. Die ink word oor die net versprei en deur die piepklein gaatjies in die net gedruk, en word dan met ’n spons of lap deurgedruk. Dit kan op enige twee- dimensionele oppervlak gebruik word. Die tegniek word tradisioneel gebruik vir massavervaardigte komersiële beelde.
Simbolisme: (c. 1885 – 1910), het ontstaan as ’n reaksie op realisme en impressionisme omdat die simboliste gevoel het dat die ander bewegings die verbeelding en emosies geïgnoreer het. Hulle wou skilderye maak wat sekere buie en gevoelens ontlok het. simbolisme was ook ’n sterk tendens in literatuur. Die simbolistiese skilders het mitologiese- en droombeelde gebruik vir die visuele taal van die siel, bv. redon en Moreau.