120 Marinetti het ’n paar kunstenaars RUSSOLO, CARRA, MARINETTI, BOCCIONI EN SEVERINI IN 1912
Futurisme was die eerste kulturele beweging van die 20ste eeu. Hulle wou die massas beïnvloed en hulle wou hulle meer bewus maak van die moderne tegnologiese eeu met sy telefone, treine, motors, lugskepe en vliegtuie; en sy invloed op die menslike brein. Alles verander aanhoudend en ’n mens moet bewus wees van hierdie verandering. Hulle het Futuristiese Aande gehou met geraas, musiek, opvoerings (“Happenings”), en om hulle teorieë aan die gehoor te verduidelik. Mense het na hierdie geleenthede toe gestroom en geweld het dikwels uitgebreek tussen die gehoor en die Futuriste. Toe tamaties een keer na hulle gegooi is, het hulle geskree, “Gooi eerder ’n idee!”
GIACOMA BALLA, STREET LIGHT – STUDY OF LIGHT, 1909. OLIE OP DOEK
Kenmerke van Futurisme Futurisme was ’n anti-beweging en was gekant teen konvensionaliteit, feminisme, romantisisme, sagtheid, passiwiteit en ou kuns. Hulle was ten gunste van geweld en manlikheid. Hulle was aggressief, sterk, rof en aktief. Hulle temas was geweld, spoed, tegnologie en hoofsaaklik beweging. Masjinerie en tegnologie inspireer baie van hulle beelde. Meeste van die onderwerpe is van die stadslewe en straatlewe. Futurisme was ’n IDEE VOORDAT DIT ’n STYL WAS. Die beweging het begin met idees wat hulle wou uitdruk. MAAR die probleem was hoe om dit uit te druk.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
bymekaargekry om sy idees uit te druk. Hulle sluit in Umberto Boccioni, Giacoma Balla, Gino Severini, Carlo Carra en Luigo Russolo. Boccioni het die Manifes vir Futuristiese Skilders geskryf, wat onder meer verklaar het: “Alle skakels met die verlede moet gebreek word; museums, biblioteke, ens., is soos begraafplase en moet vernietig word. Alle vorms van nabootsing moet geminag word en alle vorms van oorspronklikheid moet verheerlik word. Dat ons sal rebelleer teen die tirannie van die woorde ‘harmonie’ en ‘goeie smaak’. Dat skoonskip gemaak sal word van alle verouderde en verslete onderwerpe om die vorteks van die moderne lewe uit te druk – ’n lewe van staal, koorsagtigheid, trots en blindelingse spoed. ’n Nuwe kuns vir ’n nuwe eeu.”