• Neo-Klassisisme was gekoppel aan politieke gebeure. Aan die begin het die ondersteuners van die beweging probeer om wat hulle beskou het as die speelsheid van die Rococo-styl te vervang met ’n styl wat logies, ernstig in toon was en moraliserend in karakter was. Toe die Franse Revolusie tot ’n republiek in Frankryk gelei het, het die nuwe regering Neo-Klassisme as hulle amptelike styl aangeneem. Soos Napoleon meer mag gekry het, is die styl aangepas om sy propoganda-behoeftes te vervul. Neo- Klassisme was ’n hernieude belangstelling in die Klassieke samelewing. Dit is aangevuur deur die ontdekking in Italië van die ruïnes van die Romeinse stede Herkulaneum in 1738 en Pompeii in 1748. Die Duitse kunshistorikus Johan Winckelmann het die “adellike eenvoud en kalm grootsheid” van Grieks-Romeinse kuns verheerlik en kunstenaars aangemoedig om die tydlose, ideale vorms te bestudeer en “na te boots”. Die klassieke verlede is verkeerdelik as ’n goue eeu beskou, met republikeinse Rome as ’n model van orde, geregtigheid en moraliteit. Neo-Klassisme is as ’n kuns beskou om die mense op te voed.
• Onderwerp: Gewoonlik slegs ’n paar figure in kalm, statiese houdings; hoofsaaklik gebaseer op klassieke beeldhoukuns. Voor die Franse Revolusie is dit as ’n manier beskou om mense op te voed. Dit het die amptelike styl van die Franse Revolusie en van Napoleon geword.
• Komposisie: Gebalanseerde en geordende komposisies. Dikwels gebaseer op geometriese vorms soos reghoeke en driehoeke.
• Vorms: Lyn en tekening was die belangrikste kenmerke van hierdie styl. Harde en presiese buitelyne; die vorms is duidelik gedefinieer. Vorms lyk of hulle “uitgekerf ” is.
• Aanwending: Egalige aanwending van verf met geen sigbare kwashale nie.
• Kleur: Sterk kontraste tussen kleure en tussen donker en lig. • Neo-Klassisme is ’n ernstige, objektiewe kunssoort, intellektueel eerder as emosioneel.
WOORDELYS
OBJEKTIEF is sonder enige vooroordeel wat deur persoonlike gevoelens veroorsaak word. Dit is gebaseer op feite eerder as op gedagtes of opinies.
PROPAGANDA in kuns is wanneer kuns ’n politieke leerstelling bevorder en ’n sekere party/staat/ politieke gedagte volg om ’n ideologie, idee of rede. Dikwels word misleidende of verwronge inligting versprei.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
DIE STEDE VAN POMPEII EN HERKULANEUM IS VERNIETIG EN HEELTEMAL BEGRAWE TYDENS ’N UITBARSTING VAN DIE VULKAAN VESUVIUS IN 79 N.C. DIE UITBARSTING HET POMPEII ONDER 4 TOT 6 METER AS EN PUIMSTEEN BEGRAWE. DIE STAD IS TOEVALLING IN 1749 ONTDEK. DIE UITGRAWING EN RESTORASIE HET ’N BREEDVOERIGE INSIG IN DIE LEWE IN ’N ROMEINSE STAD VERSKAF. AAN DIE LINKERKANT IS ’N MUURSKILDERY VAN VILLA OF MYSTERIES WAT ’N IDEE VERSKAF VAN DIE ROMEINSE SKILDERKUNS EN -LEWE.