Die Eerste Wêreldoorlog het in 1918 geeïndig. Die verwoesting het daartoe gelei dat ongeveer 38 miljoen mense dood is. Daar was ’n wêreldwye ekonomiese depressie en baie lande het politieke opstande ondervind wat tot die Tweede Wêreldoorlog in 1939 gelei het. Onder die leierskap van Hitler het Duitsland begin om sy grondgebied uit te brei. Teen Mei 1945 het die oorlog in Europa tot ’n einde gekom toe die Russiese en Poolse Weermagte Berlyn oorwin het. Die Stille Oseaan-oorlog wat deur Japannese Imperialisme veroorsaak is, is tot ’n einde gebring nadat Amerika in 1945 atoombomme op die stede HirosJima en Nagasaki laat val het. Hierdie aanvalle het ongeveer 200 000 mense onmiddellik uitgewis. In sy geheel het die Tweede Wêreldoorlog ongeveer 60 miljoen lewens geëis. Die einde van die oorlog het gelei tot ’n einde aan Europese Imperialisme, wat ook veroorsaak is deur ’n verlies aan poltieke en ekonomiese mag. Die einde van Europese kulturele oorheersing het ook aangebreek. Tydens die 1930’s het baie intellektuele mense van Europa na Amerika gevlug as gevolg van politieke en rassevervolging in Nazi Duitsland. Sulke mense het onder meer die wetenskaplike Einstein, komponiste soos Bartok, Shoenberg en Stravinsky, kunstenaars soos Hans Hoffman, Max Beckman en George Grosz en Bauhaus-figure soos Gropius, Mies van der Rohe en Marcel Breuer ingesluit.
CHURCHILL WAAI VIR DIE SKARES TOE HY DIE OORWINNING OOR DUITSLAND OP 8 MEI 1945 AANGEKONDIG HET.
JODE WAT DEUR DUITSE SOLDATE IN 1943 IN WARSKOU GEVANGE GENEEM IS. DIE HOLOCAUST IS DIE VOLKSMOORD VAN ONGEVEER 6 MILJOEN JODE EN TEN MINSTE 5 MILJOEN ANDER MENSE WAT NIE IN DIE NAZI-KLASSIFIKASIE VAN DIE ARIESE NASIE GEVAL HET NIE. MET HITLER IN BEHEER HET HIERDIE STAAT ’N PROGRAM GEBORG WAT ’N VERSKEIDENHEID METODES BEVAT HET OM MENSE DOOD TE MAAK SOOS DEUR DIE NAZI- STELSEL GEKLASSIFISEER IS. MEESTE MENSE IS IN KONSENTRASIEKAMPE GESIT, WAAR HULLE IN GASKAMERS DOODGEMAAK IS.
DIE AMERIKAANSE ATOOMBOM VORM ’N SAMPIOENAGTIGE VORM OOR NAGASAKI OP 9 AUGUSTUS 1955 EN 60 000 – 80 000 MENSE IS DOOD.