339 Ondeursigtig: solied, nie deursigtig nie; blokeer alle lig.
Ontwerp: Om ’n gedetaileerde plan van die struktuur van iets te skep met die fokus op voorkoms, gerief en doeltreffende funksionaliteit van die finale ontwerp; om iets op ’n vaardige manier te skep; om iets om ’n spesifieke rede uit te vind; ’n tekening of grafiese verteenwoordiging met die doel om fuksie te toon en hoe om dit te maak of aan mekaar te sit.
Ontwerpsmodel: Kleiner skaal model / prototipe gebaseer op die ware 3D-beeldhouwerk, gebou of konstruksie.
Oogvlak: sien ook horison-lyn.
Oorheersing: Wanneer een voorwerp ’n ander in ’n kunswerk domineer, bv. groot en klein, helder en dof, tekstuur en gewoon.
Oorvleuende: Die posisionering van een oppervlak of voorwerp, lyn, kleur of tekstuur, bo-op ’n ander een.
Optiese kleurvermenging: Wanneer twee kontrasterende kleure / skakerings in jukstaposiese (teenaanligging) geplaas word, skep dit die visuele persepsie / illusie van kleurvermenging.
Optiese kuns: ’n Ontwikkeling in skilder waar die kunstenaars optiese effekte skep vir die kyker, dit strek van subtiel tot ontstellend en verwarrend. Hierdie beweging het in die 1960’s ontwikkel en die kunstenaars het hoofsaaklik variasies van geometriese vorms en kleure gebruik wat beïnvloed is deur kleurteorie om ongewone optiese eff ekte te skep.
Organiese argitektuur: Die filosofie wat harmonie tussen menslike habitasie en die natuurlike wêreld bevorder, bv. geboue wat op ’n natuurlike weise met die landskap geïntegreer word soos Falling Wa- ters deur Frank lloyd Wright.
Organiese vorms: Vorms wat in die natuur aangetref word; gewoonlik “sagter” vorms as geometriese vorms; vryvorm (onreëlmatigheid van vorms); vorms wat nie beperk is tot meetkundige presisie nie; meer natuurlike vloei in lyne en vorms; kan ook verwys na lewendige vorms; teenorgestelde van mensgemaakte voorwerpe, ronde of gekurwe vorms.
Oriëntalisme: ’n Term wat gebruik word vir die nabootsing en uitbeelding van die Oosterse kultuur in die Weste.
Ornamentasie: Om bloot versierdetails of ontwerpe aan ’n gebou te voeg. P
Palimpsest: Wanneer die oorspronklike merke of skrif op ’n oppervlak uitgewis word, om plek te maak vir ’n tweede laag merke of skrif. Pan-Afrikaans: sambreelterm vir alle afrika-kulture. Perseptueel: Vanaf die visuele, hoe iets beskou en vertoon word.