universiteit van KwaZulu-Natal universiteit van limpopo Noordwes-universiteit universiteit van Pretoria rhodes universiteit universiteit stellenbosch universiteit van Wes-Kaap universiteit van die Witwatersrand
universiteit van Venda universiteit van Zoeloeland Kaapse skiereinland universiteit van Tegnologie sentrale universiteit van Tegnologie Durban universiteit van Tegnologie Mangosotho universiteit van Tegnologie Tswane universiteit van Tegnologie Vaal universiteit van Tegnologie
Kyk na die kursusse wat deur die universiteite, kolleges en privaat tersiêre kolleges en skole aangebied word. Om toegang tot hulle te verkry, kyk na hulle webtuistes of jy kan hulle bel om inligtingsbrosjures deur die pos te ontvang.
• Wat is die toelatingsvereistes ten opsigte van skoolpunte? • Vereis die instelling enige addisionele toelatingstoetse?
• Wanneer moet jy aansoek doen om die toetse af te lê?
• Vereis hulle ’n portefeulje om vir die kursus gekies te word?
• Wat moet jy doen vir die portefeulje? • Wanneer moet dit ingehandig word? • Wat is die klasfooie? • Bied die inrigting beurse of finansiële hulp aan? • Word daar verblyf vir die studente verskaf? • is daar toegangsvereistes vir die studenteverblyf?
• Wat is die fooie vir studenteverblyf? • indien jy nie studenteverblyf kan bekostig nie, is daar enige vorm van georganiseerde vervoer wat jy kan gebruik om die klasse by te woon?
MAX ERNST. A WEEK OF KINDNESS – SHOW ME YOUR SUITCASE MY DEAR. 1934. COLLAGE.
’n Besluit oor die instelling vir tersiêre studies is iets wat die res van jou loopbaan kan beïnvloed. Daarom is dit noodsaaklik om ook die kunsdepartement van die instelling waaraan jy wil studeer te besoek om te sien of hulle die soort kursus aanbied waarin jy geïnteresseerd is. Meeste tersiêre instellings het ope dae vir voornemende studente wat by skole geadverteer word, maar indien jy moeite doen om self uit te vind wanneer dit plaasvind, kan jy seker wees dat jy dit nie misloop nie. indien jy ’n opedagsessie misgeloop het, maak ’n afspraak deur die sekretaresse van die departement om dit op jou eie te besoek.
Dit is ook nuttig om uit te vind wanneer die studente of personeel van die instelling ’n uitstalling hou om te sien watter soort kunswerke in die departement geskep word.