Onderwerp • Landskappe, portrette, stillewes en interieure. • Van Gogh het altyd die werklikheid as onderwerp gebruik, maar hy het sy emosionele reaksie op die onderwerp uitgebeeld.
Ruimte/diepte • Daar is altyd ’n gevoel van diepte in sy werk.
• Hy het dikwels groot massas in die middel van sy doek geplaas. het
• Van Gogh gewoonlik
lynperspektief gebruik en dikwels is die horison driekwart teen die doek op geskilder.
Kleur • Van Gogh is bekend vir sy emosionele gebruik van kleur.
• Sy kleure was aanvanklik somber, soos in Te Potato Eaters, en toe het hulle ligter geword onder die invloed van die Impressioniste.
• In sy latere werke word kleur oorbeklemtoon om sy emosies uit te beeld. Sy palet word gekenmerk deur sterk, suiwer kleure en gele word dikwels geplaas teen verskillende kleure blou en ligpers.
CORNFIELDS AND CYPRESSES, 1889. OLIE OP DOEK
Kwaswerk • Kwashale is die fisieke aanduiding van sy emosionele toestand en hulle skep ritmiese bewegings.
• Daar is ’n sterk liniêre karakter in sy aanwending van verf, tesame met sterk buitelyne.
• Verf is aangewend met ’n kwas, paletmes of selfs direk uit die buis uit.
Komposisie • Van Gogh het altyd vanaf die werklikheid gewerk, en het slegs die kern van die onderwerp waarop hy emosioneel gereageer het, weergegee.
• Hy het die vorms vereenvoudig en verwring. • Geen onnodige detail is aangewend nie, slegs die kern van ’n toneel is weergegee.
Benadering tot sy werk • Van Gogh was ’n ekspressionis en sy lewe en kuns vorm ’n eenheid.
• Geen skilder voor hom kon sy innerlike gevoelens op so ’n wyse uitbeeld nie.
• Sy kuns is dus persoonlik en subjektief. • Die vinnige uitvoering, verwringing van vorms en beklemtoning van kleurkonstraste is tipies van sy werk.
SUNFLOWERS, 1888. OLIE OP DOEK
• Hy word beskou as die “Vader van die 20ste- eeuse Ekspressionsisme” omdat hy Munch en die Duitse Ekspressionisme beïnvloed het.