Mark Rothko (1903 – 1970) is in Dvinsk in Rusland gebore en het in 1913 saam met sy familie na Amerika toe geïmmigreer. Aanvanklik het hy ver- eenvoudigde komposisies geskep met plat areas kleur wat geïnspireer is deur Milton Avery en Matisse. Toe hy begin het om met ander Abstrakte Ekspressioniste te assossieer, is hy geïnspireer deur die mites van antiek- heid en die idee van Jungiese argetipes toe hy werke met kalligrafiese en biomorfiese beelde geskep het. In 1947 het hy abstraksie heeltemal begin toepas. Hy het werke geskep met groot, sagte kante van gekleurde areas en het later begin om simmetriese komposisies te gebruik. Nader aan die einde van sy lewe het sy werke toenemend somber begin word. Hy het in 1970 selfmoord gepleeg.
ROTHKO VOOR EEN VAN SY MUURSKILDERYGROOTTE WERKE.
“Ek is slegs daarin geïnteresseerd om die basiese menslike emosies uit te druk – tragedie, vreugde, verdoemenis en so aan – en die feit dat baie mense begin huil wanneer hulle aan my skilderye blootgestel word, wys dat ek met daardie basiese mesnlike emosies kan kommunikeer. Die mense wat voor my skilderye ween, is besig om dieselfde godsdienstige oomblik te ervaar as wat ek gehad het terwyl ek die beelde geskilder het. En as jy, soos jy sê, slegs geroer word deur my werke se kleurverhouding, dan mis jy die punt.” – Rothko
Untitled (Purple, White and Red) Hierdie voorbeeld van Rothko se werk is tipies van die styl wat hy ontwikkel het in sy volwasse werke waar alle verwysings na die natuur verwerp is. Die algehele doekoppervlakte is gevul met reghoekige lae van sagte, hangende, wolkagtige vorms met uitgerafelde rante. In hierdie werk is die tekstuur van die doek sigbaar en die aanwending van die kleur lyk in sommige areas meer soos gekleurde oppervlakke as geverfde oppervlakke. Die verwe het in die doek ingesypel en toe is die drie vorms kleur bygevoeg deur dit te benewel oor die dungeverfde onderlaag. Hy het veral aandag gegee aan die rante van die vorms waar die twee areas met mekaar meng.
MARK ROTHKO. UNTITLED (PURPLE, WHITE AND RED). 1953. OLIE OP DOEK. 197.5 ×207.7 CM