Baie kunstenaars maak gebruik van toe-eiening deur die werk van ander in ’n nuwe konteks soos ’n collage te gebruik. Hoewel dit al deur baie kunstenaars gedoen is, het dit onlangs gelei tot interessante hofsake omdat die kwessie van plagiaat daarby betrokke is wanneer iemand se werk as jou eie gebruik word.
Die volgende twee voorbeelde demonstreer amerikaanse hofbesluite oor die verskil tussen iemand anders se werk na te maak en om dit te gebruik om ’n oorspronklike stelling te maak.
annie leibovitz se voorbladfoto van Demi Moore is as ’n bron gebruik vir die rolprentplakkaat vir Naked gun. Die hof het gevind dat dit nie misbruik van die oorspronklike foto was nie, maar ’n parodie daarvan.
in ’n ander, was die kunstenaar Jeff Koons nie so gelukkig nie. sy geverfde houtbeeldhouwerk, A String of Puppies, is gebaseer op ’n foto deur die professionele fotograaf, art rogers. Hoewel hy die media verander het, het die hof bevind dat sy weergawe te na aan die oorspronklike bron was en nie ’n parodie was nie. Koons moes ’n boete betaal.