Super-Realisme of Fotorealisme: ’n Beweging wat in die laat 1960’s ontwikkel het toe kunstenaars met foto’s gewerk het om dit as skilderye uit te beeld wat soos foto’s gelyk het. Hierdie beweging het ontwikkel met Popkuns as ’n invloed oor die keuse van onderwerp en dus is die onderwerp gewoon- lik vervelige tonele of voorwerpe uit die alledaagse lewe. Die beweging word hoofsaaklik geassosieer met skilder, hoewel beeldhouers soos Hanson en De andrea fotorealistiese tegnieke gebruik het om hul lewensgrootte beelde te maak.
Superimponeer: Om ’n laag bo-op ’n ander laag te plaas.
Surrealisme: Beweging tussen die wêreldoorloë gebaseer op droomagtige beelde vanuit die onderbe- wussyn, bv. Miro, Dali, Magritte. T
Tegniek: Verwys nie na die medium nie, maar eerder na hoe die werk uitgevoer. Byvoorbeeld, as jy na ’n skildery kyk, sal die tegniek verwys na hoe die medium gebruik is. is die kwashale vermeng en onsigbaar of is dit duidelik sigbaar? is dit egalig, gestippel of impasto?
Tekstuur: Visueel (teksturele kwaliteit ondervind deur sig) of tasbare (teksturele kwaliteit ondervind deur gevoel) oppervlak; die tekstuur van sy sal anders voel en lyk as die tekstuur van fluweel.
Tersiëre onderwys: Die derde vlak in onderwys. Dit volg na sekondêre onderwys wat na die hoër- skool verwys. Die eerste vlak van onderwys is primêre opvoeding of die laerskool.
Toe-eiening: Om besit te neem of vir jouself te neem. Tonale waarde: Verwys na die graad van ligheid en donkerheid in ’n gegewe kunswerk.
Toon van kleur: ’n spesifieke waarde van dieselfde kleur; kleur wat donkerder word deur grys by te voeg (swart en wit).
Transgeneties: Beskryf die tegniek van die oordrag van genetiese materiaal vanaf een organisme na die DNs van ’n ander organisme.
Trompe L’oeil: Wanneer ’n beeld of voorwerp op ’n oppervlak op so ’n manier geskilder word dat die kyker glo dat die illlusie die regte beeld of voorwerp is. Twee-dimensioneel: Werk / ontwerp wat op ’n plat oppervlak geskep word. Tweegetinte: Twee verskillende waardes van dieselfde kleur.
Tweepuntperspektief: Om 3D-voorwerpe op ’n 2D-oppervlak aan te bring deur die gebruik van lyntekeninge, waar die lyne lyk asof hulle wegbeweeg vanaf die kyker en by 2 fokale punte / verdwyn- ingpunte bymekaar kom; skep ’n illusie van spasie, diepte en volume.
Tydsbestuur: Die manier hoe jy die tyd bestuur wat jy het om ’n taak te voltooi.