Die moontlikhede van die eindelose reproduksie van video en digitale kunswerke, soos met foto’s, dra by tot hierdie beweging wat hom distansieer van die verheerlikte unieke kunsvoorwerp.
• Die potensiaal om video en digitale kuns oor lang afstande te beeldsend gee vir kykers van hierdie kunsvorms ’n aspek van toeganklikheid om die oorspronklike kunswerk te beleef, wat nie bereik kan word met tradisionele kuns nie.
• Die interaktiewe vermoëns van video- en digitale kunswerke het die rol van die kunstenaar verander omdat hy / sy nie meer die enigste skepper van die werk is nie. Die kyker kan toegelaat word om deel te neem aan die manipulasie en verandering van die kunswerk, wat ’n effek het op die ontwikkeling van betekenis. Die kunstenaar se rol is nou soortgelyk aan dié van ’n stelselontwerper.
• Die afstand tussen die kunstenaar en die kunswerk as ’n tegnologies vervaardigde produk, die moontlike eindelose reproduksie van Video- en Digitale Kuns, moontlikhede van ingryping deur interaktiewe kunswerke en die blootstelling aan groot hoeveelhede beelde en tekens geskep deur die massamedia, het nuwe vrae in die moderne samelewing geskep oor hierdie kunsvorms. Mense se persepsies van werklikheid, tyd en spasie, persoonlike en sosiale geheue, hulle gebruik van taal, gedrag en oortuigings word deur nuwe tegnologie beïnvloed. Daar is nie meer ’n outentieke boodskap nie weens al die moontlikhede wat deur tegnologie geskep word. Die vraag, “Wat is kuns?” word weer gestel soos dit elke keer geopper word wanneer ’n nuwe kunsvorm ontwikkel.
BRUCE NAUMAN. LIVE TAPED VIDEO CORRIDOR. 1970. IN HIERDIE GESLOTEBAAN-VIDEO-INSTALLASIE HET NAUMANN TWEE MONITORS BO-OP MEKAAR GEPLAAS AAN DIE EINDE VAN DIE GANG WAT 10 M LANK EN 50 CM WYD IS. DIE ONDERSTE MONITOR IS ’N VIDOE-OPNAME VAN DIE GANG EN DIE BOONSTE GANG IS ’N GESLOTEBAANVIDEO WAT DIE INGANG VAN DIE SPASIE OPNEEM. WANNEER JY DIE BY DIE GANG INGAAN EN NABY AAN DIE MONITORS BEWEEG, GAAN JY IN DIE AREA IN WAT DEUR DIE KAMERA GEMONITOR WORD, MAAR HOE NADER JY AAN DIE MONITORS BEWEEG, HOE VERDER IS JY VAN DIE KAMERA AF. DIE RESULTAAT IS DAT JOU BEELD TOENEMEND KLEINER WORD EN JY JOUSELF VAN AGTERAF KAN SIEN. ’N GEVOEL VAN DISORIËNTASIE WORD GESKEP SOOS JY WEGSTAP VAN JOUSELF AF EN DIT WORD BEKLEMTOON DEUR DIE KLOUSTROFOBIESE NOU GANG. DIE PERSOON WAT DIE GANG INGAAN, NEEM DIE ROL AAN VAN IEMAND WAT HULLE EIE AKTIWITEITE MONITOR.
EDUARDO KAC. GENESIS. 1999. TRANSGENIC. TRANSGENIESE INTERNETINSTALLASIE. HIERDIE WERK VERKEN DIE INGEWIKKELDE VERHOUDING TUSSEN BIOLOGIE, GELOOFSTELSELS, INLIGTINGSTEGNOLOGIE, DIALOGIESE INTERAKSIE, ETIEK EN DIE INTERNET. KAC HET ’N KUNSMATIGE
“KUNSTENAARSGEEN” GESKEP DEUR GENESIS 1:26 UIT DIE BYBEL IN MORSE KODE TE VERTAAL EN OM DIE KODE IN DIE BASISPARE VAN GENETIKA TE OMSKEP. HY HET HIERDIE GEEN TOE BY ’N LABARATORIUM GEKRY WAT SINTETIESE GENETIESE VOLGORDES OP AANVRAAG PRODUSEER EN HET HIERDIE ONGESPESIFEERDE BAKTERIUM IN ’N PETRIBAKKIE GEPLAAS WAT ONDER ’N ULTRAVIOLET LIG GESIT IS WAT GEAKTIVEER KON
WORD DEUR AANLYNGEBRUIKERS WAT DIT DEUR ’N WEBKAMERA KON SIEN. DIE AKTIVERING VAN DIE LIG SOU DIE MUTASIE VAN DIE BAKTERIUM VEROORSAAK. KYKERS WORD MET DIE BESLUIT GEKONFRONTEER OF HULLE BEHEER OOR DIE NATUUR GAAN NEEM OF NIE. DIE PROJEK HET ’N
ONDERSOEK GEWORD OOR DIE VERHOUDING TUSSEN INLIGTINGSTEGNOLOGIE EN BIOTEGNOLOGIE, WAT ONSTAAN HET VANUIT ’N LEWENSVORM WAT GEBASEER IS OP TAAL EN KODE.