Robert Smithson (2 Januarie 1938 – 20 Julie 1973) is in Passaic, New Jersey, gebore en het skilder en tekening studeer aan die Art Students League van New York. Sy vroeë werke was skilderye wat die invloed van Pop-Kuns uitgebeeld het, maar hy het ontwikkel as ’n ondersteuner van Minimalisme namate hy begin het om glasblaaie en neonbeligting te gebruik om visuele terugkaatsing en spieëlwerk in sy kunswerke te ondersoek. Hy het ook ’n belangstelling getoon in die aanwending van wiskundige onpersoonlikheid deur daaroor te skryf.
in die 1990’s, het dit slegs onlangs weer verskyn. Die natuur domineer menslike akitiwiteit. Die spiraalstruktuur is asemrowend in terme van die grootte en ligging daarvan, maar dit gaan nêrens heen nie. Dit ontlok die gevoel van die menslike eksistensiële situasie in die heelal as broos wesens op ’n planeet wat ons gelukkig nog onderhou. Die werk is ongelooflik groot en is glad nie sosiaal nie. Mense wat die plek besoek, sal klein en alleen voel in die
ROBERT SMITHSON. SPIRAL JETTY. 1970. LANGTERMYNINSTALLASIE IN ROZEL POINT, BOX ELDER COUNTY, UTAH
’N BORD WAT DIE PAD NA SPIRAL JETTY TOE AANDUI.
Spiral Jetty is ’n yslike Aardkuns-beeldhouwerk wat in April 1970 binne 6 dae opgerig is. Hierdie werk verteenwoordig ’n dialoog tussen die kunstenaar en die natuurlike wêreld en is geleë in die Great Salt Lake van Utah. Smithson het in hierdie ligging belanggestel weens die strak skoonheid van die landskap en industriële oorblyfsels, soos ’n ou kaai en ’n verlate olieboor in die area. Hy het ook die Rozel Point-ligging gebruik weens die bloedrooi kleur van die water wat dit verbind aan die idee van ’n oeroue see. Die water is hierdie rooi kleur weens die teenwoordigheid van souttolerante bakterieë en alge. ’n Konstruksiemaatskappy is gehuur om die kunstenaar se instruksies uit te voer. Hulle het twee rommelvragmotors, ’n groot trekker en ’n voorlaaier gebruik om die 6 550 ton rots en grond in die meer te kry. Swart basalt-rots uit die omgewing is gebruik om die 460 m-lange spiraal te vorm wat antikloksgewys tot binne-in die helder rooi water strek. Die kaai is 4,6 m wyd en maak dus interaksie moontlik omdat mense maklik daarop kan loop. Die werk is deur natuurlike elemente geaffekteer en is daarom nie aanhoudend sigbaar nie weens veranderende watervlakke en omdat dit besig is om te erodeer. Dit is nou slegs sigbaar as die watervlakke onder 1 279,5 m is. In 1976 het die watervlak gestyg en dit heeltemal bedek en, behalwe vir ’n kort tydperk
verlate en afgeleë landskap. Smithson was ook gefassineer met ’n verskeidenheid idees, soos die molekulêre struktuur van sout tydens die skep van Spiral Jetty. Hy het besef dat die afgeleë aard van die werk besoekers tot ’n minimum sou beperk en het dus ’n 30-minuut film gemaak om die werk te dokumenteer vir uitstaldoeleindes. Die konstruksie van die kunswerk is gefinansier deur ’n toekenning van die Dwan Gallery. Smithson het ’n 20-jaar-huurkontrak vir die area verkry teen $100 ’n jaar. Sedert Junie 2011 het die werk eintlik die eiendom van die Staat van Utah geword.
In sy latere geskrifte, het
Smithson
die 18de en 19de eeuse
landskapargitektuur ondersoek
idees oor wat
LUGUITSIG OOR SPIRAL JETTY WAT ’N DEEL VAN DIE KUSLYN INSLUIT.
duidelik sy aardkunsverkennings beïnvloed het. Hy het ook geskryf oor sy fassinasie met die beeld van storttrokke wat tonne aarde in industriële areas rondom New Jersey uitgegrawe het. Dit het hom geïnspireer om ’n reeks ’nie-liggings’ te skep waarin aarde en rotse wat uit ’n spesifieke area versamel is, geïnstalleer is by ’n galery.