ARGETIPE is die oorspronklike model of prototipe en die perfekte voorbeeld van iets. BIOMORFIESE beeld is ’n dekoratiewe vorm wat ’n lewende voorwerp verteenwoordig. PALIMPSES is wanneer die oorspronklike merke of skrif op ’n oppervlak uitgewis is om plek te maak vir ’n tweede laag merke of skrif.
DIE INTERIEUR VAN DIE ROTHKO-KAPEL IN HOUSTON, TEXAS, ’N NIEKERKLIKE VEILIGE HAWE WAT GEÏNSPIREER IS DEUR ROTHKO SE MUURSKILDERYDOEKE.
’n Deursigtige, gloeiende effek word geskep deur Rothko se spesifieke styl van aanwending van verf en kleur. Die effek van hierdie groot doeke op die kyker is dat hy of sy voor ’n enorme helder leegte staan. Rothko het hierdie tegniek toegepas in sy doel om ’n kuns te skep wat ’n konneksie met spirituele terreine gevorm het, soortgelyk aan die effek van musiek – en daardeur wou hy die basiese en rouste menslike emosies uitdruk.
MARK ROTHKO. NO.3/NO.13. 1949. OLIE OP DOEK. 216.5 × 164.8 CM