OLAFUR ELIASSON, YOUR MOBILE EXPECTATIONS: BMW H2R PROJECT, 2007. ELIASSON IS OPDRAG GEGEE OM DIE 16DE MOTOR VIR DIE BMW- KUNSMOTORPROJEK TE SKEP. ELIASSON EN SY SPAN HET DIE MOTOR SE ALLOOILIGGAAM VERVANG MET ’N NUWE INEENGESKAKELDE RAAMWERK VAN WEERKAATSENDE STAALSTAWE EN MAASDRAAD. LAE YS IS GESKEP DEUR GROOT HOEVEELHEDE WATER OP DIE STRUKTUUR TE SPUIT. HIERDIE WERK IS IN ’N TEMPERATUURBEHEERDE KAMER UITGESTAL OMDAT DIT ’N GEVRIESDE BEELDHOUWERK IS WAT VAN BINNE-AF GLOEI.
OLAFUR ELIASSON, THE NEW YORK CITY WATERFALLS, 26 JUNIE 2008 – 13 OKTOBER 2008. HIERDIE OPENBARE KUNSPRO- JEK VAN VIER MENSGEMAAKTE WATERVALLE WAT VANUIT NEW YORK RYS, IS GEORGANI- SEER DEUR DIE OPENBARE KUNSFONDS, ’N ORGANISASIE SONDER WINSBEJAG, EN DIE STAD VAN NEW YORK. TEEN $15,5 MILJOEN IS DIT EEN VAN DIE DUURSTE OPENBARE KUN- SPROJEKTE IN DIE WÊRELD.
7.2
Voltooi in jou BKS-werkboek.
Lees die volgende beskrywing van Cornelia Parker se installasie-kunswerk Cold, Dark Matter: An Exploded View en beantwoord die vrae daaroor.
Cornelia Parker het die weermag gevra om haar tuinhuisie op te blaas wat voorwerpe bevat het wat sy en haar vriende deur die jare versamel het. Die tuinhuisie is eers uitgestal in sy onbeska- digde toestand en is toe opgeblaas onder beheerde toestande. Na hierdie destruktiewe daad, is al die fragmente versamel en toe in ’n geslote kamer opgehang. Deur dit te doen, het sy probeer om die oomblik net ná die ontploffing te herskep. Een gloeilamp in die middel van die installasie is aangeskakel en het dramatiese skaduwees oor die muur gegooi.
Die titel Cold, Dark Matter: An Exploded View wat Parker vir hierdie uitstalling gebruik het, is ’n wetenskaplike term vir ’n middel wat in die heelal bestaan wat misterieus en onkwantifiseerbaar is. Installasiekuns word gewoonlik vir ’n spesifieke ruimte geskep en hang af van die kyker. Die interaksie tussen die voorwerpe en die spasie waarin dit uitgestal word, word gebruik om as- sosiasies, gevoelens en gedagtes te ontlok.
CORNELIA PARKER SE TUINHUISIE OP UITSTALLING VOORDAT DIT OPGEBLAAS IS.
CORNELIA PARKER, COLD, DARK MATTER: AN EXPLODED VIEW, 1991. GEMENGDE MEDIA