Donald Judd (3 Junie 1928 – 12 Februarie 1994) Judd is in Missouri gebore en hy het Filosofie en Kunsgeskiedenis aan Colombia Universiteit in New York studeer. Hy het tussen 1959 en 1965 as ’n kuns- kritikus gewerk. Nadat hy skilder in die 1960’s opgegee het, het hy gevoel dat hy sy werk bevry het van die Europese obsessie met komposisie en illusie. In sy drie dimensionele werke het hy industriële materiale gebruik om abstrakte kunswerke te skep wat die suiwerheid van kleur, vorm, ruimte en materiale beklem- toon het. Alhoewel hy bekend is as een van die sleutelkunstenaars en sy werke baie van die beginsels ge- deel het wat met Minimalisme geïdentifiseer het, het hy dit verwerp om as ’n Minimalis bekend te staan.
“Drie dimensies is ware ruimte. Dit raak ontslae van die probleem van illusionisme en van letter- like ruimte, ruimte in en rondom merke en kleure – wat verlossing is van een van die opvallendste en afstootlikste oorblyfsels van Europese kuns. Die verskeie beperkinge van skilder is nie meer teen- woordig nie. ’n Werk kan so magtig wees as wat daar gedink word dit kan wees. Werklike ruimte
is meer magtig en spesifiek as ’n plat oppervlak.” – Donald Judd
Untitled (Stack): Donald Judd, soos baie van die ander Minimalistiese beeld- houers soos Carl Andre en Sol Lewitt, was geïnteresseerd in wiskundige progressies binne ’n reeks identiese her- halings. In hierdie werk is die rakagtige opmekaargepakte boksvorms aan ’n muur vasgemaak. Dit bestaan uit 12 identiese eenhede. Elke blok is 22,8 × 101,6 × 78,7 cm groot met ’n vertikale spasie tussen elke eenheid wat 22,8 cm breed is. Die boksvorms is gemaak van gegalvaniseerde yster en is geverf met groen vernis- verf wat gewoonlik op motors gebruik word. Die bokse is volgens Judd se spesifikasies deur ’n metaal- werk-vervaardigingsmaatskappy gemaak. Judd se klem op die beplanningsproses vir hierdie kunswerk, die gebruik van nie-tradisionele kunsmateriale, die herha- ling van presiese vorms en die feit dat hy nie fisiek die werk geskep het nie, daag die intense betekenis uit wat geplaas is op die individualiteit van ’n kwashaal deur die Abstrakte Eks- pressioniste. In werke soos hierdie, wou Judd hê dat die aandag geplaas word op vorm, volume, interval, ruimte en kleur. Daar is geen visuele verwysings na ander voorwerpe, kunswerke of gevoelens nie. Sy werke word ook selde titels gegee – wat die onpersoonlikheid en abstraksie van die beeldhouwerke ver- der beklemtoon. Die idee om die eweredig gespasieerde bokse aan ’n muur vas te heg, vestig die aandag op die idee van swaartekrag, want die bokse staan uit, soos rakke, en rus nie op mekaar of op die vloer opmekaar gestapel is nie. Die positiewe vorms van die bokse word herhaal deur die negatiewe ruimtes – van dieselfde dimensies. Aandag word gevestig op die fisieke ondervinding van die kyker en sy omgewing. Dit is indrukwekkend vanaf die vloer na die plafon geïnstalleer en staan meer as 100 cm weg van die muur af.
DONALD JUDD. UNTITLED (STACK). 1967. VERNIS OP GEGALVANISEERDE YSTER.