’n Meer dekonstruktiewe collage gebaseer op dieselfde strukture as die eerste voorbeeld.
Die kunswerk sal goed werk as ’n tekening, skildery of afdruk. Indien jy besluit om ’n tekening te maak, kan jy dit oorweeg om vernisse, olies of bitumen (asfalt) te gebruik om atmosfeer te skep.
DIE OPDRAG
Jou opdrag is om ’n finale kunswerk te maak wat gebaseer is op die tema van
veranderde ruimte.
Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en kan jou verdere instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens.
Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.