Deur die jare het hierdie kuns- tenaar van die Wes-Kaap ’n repu- tasie ontwikkel as ’n skilder van figure en landskappe. Louw se aanwending van verf toon ’n ver- band met Lucian Freud en Frank Auerbach se werke. Die dik aan- wending van olieverf en subtiele tonale waardes gee die kyker ’n visuele interpretasie van tas- bare ondervindings. Die tasbare ondervinding is ook sigbaar in die fisieke ervaring om verf op so ’n manier op ’n oppervlak te plaas dat dit ’n sielkundige interpretasie van die onderwerp verteenwoor- dig.
In die werk Landscape with Fig- ure Concealed word landskap- skilderkuns en figuurskilderkuns gekombineer. Die twee genres word van mekaar geskei deur die figuur in ’n grys leegte onder die sterk, oop landskap uit te beeld. Hierdie skeiding vorm deel van die kon- septuele stelling wat in die skildery voorgestel word. Oor die algemeen straal die mense wat deur Louw uitgebeeld word ’n gevoel van iso- lasie uit wat verteenwoordigend kan wees van die daaglikse eksistensiële stryd wat deur mense ondervind word. Die anonimiteit en die posisie van die figuur wat afgesny is van die kyker asook van die gestroopte omgewing ondersteun hier- die interpretasie. Die naaktheid van die figuur dra ook ’n gevoel van weerloosheid oor deur die blatante blootstelling van die liggaam as vlees.
Die landskap in hierdie skildery is ’n blik op ’n skotige heuwel in die voorgrond wat lei tot meer heuwels op die horison. Die lug is oortrokke en grimmig en dit word weerspieël in die donker kleure wat in die landskap gebruik word. Louw dra nie enige van die fyner detail van die land- skap oor in die nabye voorgrond nie.
JOHANN LOUW. LANDSCAPE WITH FIGURE CONCEALED. 2005. OLIE OP DOEK
Hy bied aan die kyker ’n voorstelling van die land- skap in tonale waardes – met ligter areas naby en digter skadugebiede in die agtergrond. Die kwashale, teksture en tonale waardes word gebruik om ’n opgesomde weergawe van die landskap weer te gee. Onder die landskap lê daar iets wat soos ’n vroue- figuur lyk wat op haar maag is. Die figuur lyk ont- spanne, maar omdat dit binne hierdie loodgrys reghoekige agtergrond onder die landskap is, kan die bedoeling van die kunstenaar op verskeie ma- niere geïnterpreteer word. Die figuur kan onder die donker landskap begrawe wees. Die Afrikaanse weergawe van die titel dui op die feit dat die figuur beskermend weggesteek is. Dit word beklemtoon deur die posisie van die arms en die donker gesig – asof die weerbare voorkant van die liggaam weg- gesteek moet word van die elemente of van die blik van die kyker.