Eienskappe van Dekonstruktivisme: • Dekonstruktivisme, of Dekonstruksie, is ’n benadering tot bou- ontwerp wat probeer om argitektuur in brokkies en stukkies te benader. Die basiese elemente van argitektuur word afgebreek. Dekonstruktivistiese geboue lyk dalk of dit nie visuele logika het nie. Dit kan voorkom of hulle bestaan uit onverwante, onharmonieuse, abstrakte vorms.
• Dekonstruktiewe argitekte wou argitekte bevry van die beperkende “reëls” van Modernisme soos “vorm volg funksie”, suiwerheid van vorm en waarheid ten opsigte van materiale. Hulle was gekant teen die geordende rasionaliteit van Modernisme en wou argitektuur “wegsteek”.
• Argitekturele vorm lyk of dit ontplof in los skakels van verwante fragmente.
• Die dominansie van die reghoek en die boks is vernietig deur die uitgebreide gebruik van die diagonale lyn en die “skyf”-ruimte.
• Hulle het gesoek vir dinamiese ruimtelike moontlikhede en ondervindings. Daardeur het hulle vorms van Moderne argitektuur gedekonstureer deur klaarblyklike onlogiese botsings van roosters, spasies en volumes te skep. Die vorm van geboue is oopgebreek. Balke projekteer onafgewerk of onvoltooi. Mure is gebreek of is skuins en vensters is teen hoeke gedraai. Konstruksiemetodes is dikwels ontbloot.
• In Dekonstruktivistiese geboue deursny verskillende spasies mekaar op onreëlmatige wyses. Hierdie is ’n poging om die karakter van elke ruimte te onthul en die toevallige konflik en toeval in die verhouding tussen hulle te ontbloot.
• Geboue het ingewikkeld geword en was soms teenstellend. • Deur die algemene idees oor ruimte, orde en gereeldheid in die omgewing uit te daag, het hulle skok, onsekerheid, ongemak, onrus, ontwrigting en verwringing ontlok.
• Dekonstruktivisme verwerp die idee van ornament as ’n nagedagte of versiering.
• Dekonstruktivisme verwerp ook die idee van die “perfekte vorm” van ’n spesifieke aktiwiteit en verwerp die bekende verhouding tussen sekere vorms en sekere aktiwiteite. Hulle wou ’n vrye spel van ontwerp gehad het en wou op hierdie manier van argitektuur ’n ‘suiwer’ kunsvorm gemaak het. Vorm was verwyder van die idee van funksie en hoewel dit sommige van die funksionele probleme mag oplos, was dit nie die hoofidee van Dekonstrukivisme nie.
• Daar was uitgebreide gebruik van ontwerp wat deur rekenaars moontlik gemaak is. Drie dimensionele modellering en animasie (virtueel en fisiek) help met die totstandkoming van baie gekompliseerde spasies. Die vermoë om rekenaarmodelle te verbind aan vervaardigingswerk (CAM – rekenaargesteunde vervaardiging) maak die massaproduksie van subtiel verskillende modulêre elemente moontlik wat teen bekostigbare pryse bereik kan word.
• ’n Dekonstruktivistiese gebou kom dikwels voor of dit nie oor swaartekrag beskik nie en kom ook gefragmenteer oor. Daar is ’n sin van onvoorspelbaarheid en ’n beheersde chaos.