George Pemba was ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat nes die Impressioniste sy eie onmiddellike omgewing geskilder het. Hy was ’n Xhosa-kuns- tenaar uit die Oos-Kaap en het ’n bietjie opleiding in die gebruik van waterverf ontvang, maar hy het homself hoofsaaklik geleer. As kind het sy familie hom aangemoedig om kuns te doen en gevolglik was sy fondament as ’n kunstenaar vroeg in sy lewe gevestig. Hy het die titel gekry as “die skilder van die mense” en die rede waarom hy so genoem is, is duidelik te sien in sy talle skilderye van mense in hulle daaglikse omstandighede in landelike en stedelike omgewings.
Sy naturalistiese waterverfskilderye toon invloede van Impressionisme in sy klem op ligeffekte, sy los, sketserige styl en uitbeelding van alledaagse lewenstonele. Hy het sy eie herkenbare styl ontwik- kel wat tot ekspressionisme geneig het, in terme van kleurgebruik, toon waardes en vereenvou- diging van vorms. In die waterverfskildery No Work het hy ’n stede- like toneel uitgebeeld wat klaarblyklik onbelangrik is. Die fokus is op ’n jong man wat sentraal geplaas is in die komposisie. Sy blik is opwaarts gemik, na ’n area buite die raam van die skildery. Hy word omring deur geboue met baie verdiepings, straat- lampe en ’n straat. Die straat is nie baie besig nie. Daar is twee voetgangers in die straat en ’n paar voetgangers is vaagweg sigbaar verder terug op die sypaadjies en daar is ’n motor, wat by die komposi- sie ingesluit is.
Die plasing van die jong man skep die gevoel dat ons as kykers besig is om verby hom te stap. Sonder die titel sou hy net nog ’n verbyganger gewees het wat ons maklik kon ignoreer. Pemba voeg ’n storie by die werk deur dit die titel No Work te gee. Dit verander onmiddellik die kyker se reaksie op die werk. Die jong man se gesigsuitdrukking en posisie binne-in die skildery is nou vol betekenis en emo- sie. Dit lyk asof hy met ingetoë desperaatheid om hom heen kyk. Alhoewel hy jonk en sterk is en nog steeds regop loop, lyk dit asof hy ’n slagoffer is van sy omstandighede in hierdie stedelike oerwoud. Hierdie beskrywende werk word ’n narratief wat die maatskaplike probleme beklemtoon wat deur swart mense in die stad ondervind is. Die naturalistiese waterverfskildery het gedempte kleure en duidelik sigbare los kwashale. Areas van
GEORGE PEMBA. NO WORK. 1948. WATERVEF OP PAPIER
die komposisie soos die geboue en straat wat uit die oog verdwyn, asook die voetgangers en die motor is geskilder as veralgemeende vorms met baie min detail. Die klem is op die portret van die werklose jong man. Alles wat hom omring, raak uit fokus uit soos dit terugtrek in die agtergrond in. Pemba se werke stel sy meelewende aard bloot en sy belang- stelling daarin om meer as oppervlakkige waarne- mings van die daaglikse lewe rondom hom weer te gee. Ander kunswerke deur George Pemba sluit die vol- gende in: