Plak al jou ondersoeke in jou bronboek. Beplan jou finale kunswerk oor identifikasie in sketse met notas oor jou nuwe media en tegnieke. Jy kan dit in kombinasie met ander meer tradisionele materiale gebruik.
DIE OPDRAG Jou opdrag is om ’n kunswerk of ’n reeks kunswerke oor die tema van identiteit te maak.
Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en kan vir jou nog instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ensovoorts. Voltooi jou kunswerk onder die leiding van jou kunsonderwyser.
LEERDERS HET ’N VERSKEIDENHEID SOORTE MEDIA EN TEGNIEKE GEBRUIK OM HIERDIE WERKE TE SKEP.