DIE OPVOERING DEUR COCO FUSCO EN GUILLERMO GOMES-PEÑA VAN TWEE ONONTDEKTE AMERINDIANE, UNDISCOVERED AMERINDIANS VISIT THE WEST, IS EERS OPGEVOER BY COLUMBUS-PLAZA IN MADRID, SPANJE AS DEEL VAN DIE 1992 BIANNAAL. DIT IS GEORGANISEER TER HERDENKING VAN COLUMBUS SE REIS NA DIE NUWE WÊRELD. DIE EERSTE OPVOERING WAS IN 1992 EN DAARNA HET DIT GEREIS NA VERSKEIE INTERNASIONALE PLEKKE RONDOM DIE WÊRELD TOT IN 1994.
Die eienskappe van Uitvoerende Kuns is as ’n riglyn gebruik om die volgende vrae op te stel.
Analiseer Fusco en Gomez-Peña se uitvoerende stuk deur die vrae te beantwoord. • Is die Uitvoerende Kunswerk ’n samewerking? Verskaf redes vir jou antwoord. • Bespreek op watter maniere die uitvoering van tradisionele kuns verskil. • Sou jy die uitvoering as eksperimenteel beskryf? Waarom? • Maak ’n lys van al die voorwerpe wat jy op die foto’s kan identifiseer wat deel is van hierdie uitvoering.
• Wat het die kunstenaars in hierdie uitvoering gedoen? • Waar het die uitvoerings plaasgevind? Beïnvloed dit die boodskap van die uitvoering? Ver- skaf redes vir jou antwoord.
• Hoe lank dink jy het elke uitvoering geduur? • Is die kyker se deelname belangrik vir die uitvoering? Verskaf redes vir jou antwoord. • Is hierdie uitvoering ’n winsgewende kommoditeit? Verskaf redes vir jou antwoord. • Wat is die onderwerp van hierdie uitvoering? Lewer die kunstenaars kommentaar oor enige kwessie deur die uitvoering?