Wat doen ’n kunstenaar? Kunstenaars druk hulself uit deur kunstaal te gebruik, soos lyn, kleur, vorm en komposisie, sodat ander daarin kan deel. ’n Kunstenaar druk sy / haar idees, emosies, visuele ondervindings en gedagtes op ’n fisieke manier uit.
Wat is die rol van die kunstenaar in die samelewing? Die antwoorde op bostaande vrae het met die verloop van tyd verander soos die definisie en die rol van kuns verander het. sedert prehistoriese rotskuns, Egiptiese kuns, renaissance-kuns tot kontemporêre kuns was daar radikale veranderinge. Die veranderinge sedert prehistoriese tye is geassosieer met die aanvanklike belangrikheid van rituele verbintenis aan spirituele oortuiging. Die produksie van kunswerke is toenemend beïnvloed deur ekonomiese faktore in die samelewing. Die ontstaan van ’n filosofiese houding oor beelde sedert die renaissance het gelei tot kontemporêre benaderings waarin die kunstenaar beskou is as ’n navorser van die wêreld. Daar word van die kunstenaar verwag om sy / haar opinies te lug oor die stand van sake deur ’n kritiese houding te gebruik. Kunstenaars weerspieël die uiteenlopende samelewing en beeld dus ’n eindelose verskeidenheid van individuele reaksies uit. Die rol van ’n kunstenaar is verbind aan menslikheid en word dus beskou as deel van die samelewing eerder as om dit te verwerp.
Kunstenaars maak mense bewus van wat binne hulle en rondom hulle is. Hulle daag uit, ontstel, skok en inspireer mense. Om na ’n kunswerk te kyk, verbreed kykers se sin van esteties en hulle kreatiwiteit oor idees.
Watter soort opleiding het jy nodig om ’n kunstenaar te word? Nie alle kunstenaars is opgelei nie en word selfopgeleide kunstenaars genoem. Om ’n professionele kun- stenaar te word, is dit verkieslik om ’n vorm van tersiêre opvoeding te hê.
in Hoofstuk 1 word Durant shilali en Dumile Feni bespreek as suksesvolle kunstenaars wat nie formele onderrig ontvang het nie. Penny siopis is ’n voorbeeld van ’n suksesvolle suid-afrikaanse kunstenares wat wel formele onderrig ontvang het. Penny siopis is ’n suksesvolle suid-afrikaanse kunstenares wat deur verskillende periodes ontwikkel het waarin sy haar navorsing van biografie en geskiedenis op ’n persoonlike manier uitgebeeld het, deur gebruik te maak van ’n verskeidenheid media. in haar vroeë werk het sy groot banket olieverf-skilderye met baie helder kleure geskep. soos sy in haar “geskiedenis” skilderye van die 1980’s verdiep geraak het, het sy col- lage bygevoeg. later het sy opgetelde voorwerpe in saamgestelde kunswerke
gebruik. sy het self verklaar: “Ek was lank geboei deur die idee van ’n voorwerp as verteller”. in die 1990’s het sy die verskeidenheid van haar media uitgebrei om kollosale installasies, film en video in te sluit. sy is besonder geïnteresseerd in biografie en outobiografie wat aspekte van herinnering en verandering in suid-afrika vertel. sy het ’n ontleder van rasse- en geslagskwessies geword. Haar werk word ’n “menslike tablo” wat betrokke raak by ongemaklike gesprekke oor emosionele, seksuele en fisiese mishandeling. Voorbeelde van twee van haar werke is “sympathetic Magic” en “slings and arrows”. (http://www.sahistory.org.za)
Om ’n besluit te neem oor waar om te studeer na skool moet jy besluit oor die rigting waarin jy geïnteres- seerd is. Dit is dus nodig om die terminologie te verstaan wat gebruik word om die verskillende rigtings wat gevolg kan word te beskryf.