Aan die begin was dit ’n styl vir die rykes, maar na 1925 het dit na ’n groter mark toe versprei. Art Deco het ’n groot invloed gehad op argitektuur tussen die twee wêreldoorloë en het baie van die invloede van Bauhaus en die Internasionale Styl geabsorbeer. Hoewel dit baie gewild was, is dit gekritiseer as gevolg van die dekoratiewe voorkoms daarvan.
Hierdie gebou is ’n goeie voorbeeld van Art Deco. Die spits aan die bokant van die wolkekrabber het ’n basis wat saamgestel is uit sewe stralende terrasvormige boë met skerp, gepunte driehoekige vensters wat daarop geplaas is, wat ontwerp is om die vorm van die wieldop van die Chrysler-motor van daardie tyd na te boots. Binne hierdie gebou is die deure van die hysbakke weelderig versier in die Art Deco-styl. Hulle is ingelê met finere van hout en koper in geometriese vorms wat die Egiptiese papirusplant simboliseer. Op die 30ste vloer is ’n fries wat uit bakstene bestaan. Dit beeld ’n abstrakte ontwerp van motors uit met dekoratiewe wieldoppe en yslike verkoelerdoppe. Die drakekoppe, sigbaar in die detail in die voorbeeld, is gemodelleer volgens Chrysler-motorprodukte, soos die arend wat gebruik is as ’n enjinkap-ornament op die Plymouth-motors. Die draakkoppe is aan die kante van die gebou geplaas en dien as waterspuiers. Die simmetriese balans van vensters en ander kenmerke kan in die detail van die Chrysler-gebou gesien word.
WILLIAM VAN ALEN, DIE
CHRYSLER-GEBOU, 1928 – 30, NEW YORK,
2 Frank Lloyd Wright 1867 – 1959
Wright was ’n Amerikaanse argitek wat in Wisconsin gebore is en wat meer as 1 000 strukture ontwerp het en 500 werke voltooi het.
Organiese argitektuur Wright het in ’n organiese argitektuur geglo waar geboue op ’n natuurlike manier met die landskap moes integreer en die behoeftes van die mense en die gees van die tyd moes weerspieël. ’n Gebou moet in ’n landskap pas asof dit daaruit gegroei het en moet nie in skrille kontras uitstaan nie. Die ritmes en patrone van die natuur, asook die natuurlike interaksie tussen lewende organismes en hulle omgewing, het gelei tot die ontwikkeling van Wright se organsiese argitektuur. Wright het geglo dat vorm en funksie gekombineer moes word. Tradisionele Japannese argitektuur met sy dominante wye, lae dakke wat die horisontale lyn beklemtoon het, het hom beïnvloed. Die argitektuur van antieke samelewings soos die Inkas en die Asteke het hom beïnvloed met hulle monumentaliteit en harmonie met die omgewing. Wright het die invloed van Louis Sullivan erken, wat geglo het dat argitektuur eerlik moet wees. Die fasades en detail van die gebou toon duidelik waarvoor die gebou bedoel is.
Wright het redelik laat in sy loopbaan opdragte ontvang en sy argitektuur filosofie en bydraes tot 20ste-eeuse argitektuur het oorspronklik uit sy huishoudelike argitektuur ontstaan. Die tipiese huis aan die einde van die 19de eeu was soos ’n boks wat in kleiner bokse verdeel is, naamlik die kamers. Die kamers was gewoonlik donker en aan mekaar gekoppel deur ’n lang, donker gang. Wright het dit verander in sy sogenaamde Prairie-huise.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
“’n Gebou
moet nie op ’n heuwel wees nie, maar van ’n heuwel.” – Wright